Goudstandaard

Retha van der Kolff van Gordonsbaai skryf Ons het dié eetservies met sy goue afwerking geërf. Dis sowat 20 jaar oud en skaars gebruik. Het dit enige waarde?

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co.antwoord Dié sesstuk-stel word as ’n kontemporêre servies beskou. Die 18 kt.-goud om die rand dra ongelukkig nie by tot die waarde nie.

OUDERDOM Circa laat 20ste eeu

WAARDE R5000–R7000

Silwer randjie

Michelle Klerck van Jeffreysbaai skryf Kan julle my meer vertel van dié kraffie? Is dit silwer en hoeveel is dit werd?

Anton Welz van Stephan Welz & Co. antwoord Ek vermoed dit is ’n parfuumbottel wat in 1909 deur William Devenport in Birmingham gemaak is. Die silwermerke (die anker) vertel ons waar dit vervaardig is; die letters WD verwys na die maker en die letter k na die datum. Die etiket is vir ’n kraffie, maar ek sal die merke moet sien om te weet waar, wanneer en deur wie dit gemaak is.

OUDERDOM Vroeë 20ste eeu

WAARDE Sowat R400–R600 op ’n veiling

KONTAK swelzco.co.za