book-icon Uitgawe Julie 2020

Ougoed of hougoed?

akkreditasie

Gail Rigele van Midrand skryf Ek het dié erdebeker, wat my ouma ná die Tweede Wêreldoorlog van Egipte af gebring het, geërf. Kan julle my enigiets daaroor vertel, en hoeveel dit werd is?

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co. antwoord Dié lieflike beker is ’n voorbeeld van Gouda-pottebakkersware wat, soos die naam aandui, uit die Nederlandse munisipaliteit Gouda kom. Die gebied is nie net bekend vir sy kaasprodukte nie, dit was ook eeue lank ’n groot produksiesentrum van keramiekware.

Gouda-pottebakkersware is ’n generiese term vir alle Nederlandse pottebakkersware (buiten die bekender Delftware) en het ’n besonderse sjarme. ’n Firma genaamd Plateelbakkerij Zuid-Holland, of PZH, het die pioniers van pottebakkersware in dié styl geword nadat ’n nuwe proses omstreeks 1910 ontwikkel is om aan Goudapottebakkersware hul kenmerkende matglasuur-karakter te gee.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees