Een uit ’n miljoen

Hanlie Shapley van Wolseley skryf Ek wil graag meer oor hierdie porseleinstel te wete kom – hoe oud dit is, waar dit gemaak is en hoeveel dit werd is.

Ainsley Taylor van Stephan Welz & Co. antwoord Hierdie pragtige vintage-waskom-en-bekerstel met ’n bypassende kamerpot is deur die Britse firma J. & G. Meakin vervaardig. Die waarmerk dateer dit ná 1890 tot die vroeë 20ste eeu; dit word bevestig deur die styl en patroon, asook die artikels self, wat destyds noodsaaklike huishoudelike gebruiksware was. 

Die maatskappy is in 1951 gestig deur twee broers, John en George Meakin. Hulle het ’n baie suksesvolle pottebakkersaak in Hanley, Engeland, bedryf en gefokus op bekostigbare eetstelle en huishoudelike ware van goeie gehalte vir die massamark. Teen die vyftigerjare van die vorige eeu het die firma meer as een miljoen stukke per week vervaardig. Die maatskappy is in 1970 deur die Wedgwood-groep oorgeneem en het in 2000 deel van Johnson Brothers geword. Aangesien die stel in ’n goeie toestand blyk te wees, sal dit aandag trek op ’n veiling.

OUDERDOM Vroeë 20ste eeu

WAARDE R1 200–R1 800

KONTAK swelco.co.za