Kombuisdilemmas

In die Oktober 2017-uitgawe van Tuis kon een leser ’n Milestone Kitchen-kombuis ter waarde van R50000 wen. Jenna Schoeman van KwaZulu-Natal was die uiteindelike wenner!

Silvia Miles, eienaar van Milestone Kitchens wat ook dié lekker prys geborg het, het vir Jenna ’n nuwe kombuis ontwerp, en sommer vir die naaswenner ook!

#1 DIE WENNER

Jenna Schoeman van KwaZulu-Natal skryf Ons woon in ’n ou plaashuis en wil graag die kombuis opknap sodat dit die mooi klip-buitekant waardig is. Dis ’n lang, smal vertrek met ’n donker vloer. Ek wil dit so graag vernuwe en die beskikbare ruimte ten beste benut totdat ons later strukturele veranderinge kan aanbring, soos mure afbreek en ’n nuwe vloer insit. die oplossing

Silvia antwoord Jou kombuis is groot genoeg vir knus kuierhoekies vir jou gesin, ondanks die beperkte breedte. Skep ’n gemeen-skaplike sone met ’n tafel en bankies in die middel.

Om te vergoed vir die smal vertrek kan jy hoë muureenhede en oop rakke installeer; Milestone Kitchens het ’n mikrogolfkas, ’n kombuisgereedskapkas en ’n resepteboekrak met plek vir ander kombuisware soos dienborde en bekers, wat almal teen ’n muur pas. Boonop het ons losstaande kaste wiele sodat jy die uitleg maklik kan verander wanneer jy jou kombuis opknap of ’n nuwe vloer insit.

Ons kaste is van soliede hout en dus duursaam – dit sal ’n leeftyd hou. En of jy nou sakpas-dennehout kies of die duurder essenhout, jy kan altyd die blaaie skuur en seël om dit in ’n puik toestand te hou.

Onthou die driehoekreël wanneer jy jou kombuis beplan: Plaas jou stoof, yskas en wasbak naby mekaar soos hierbo aangedui met die stippellyn.

African Allure-mikrogolf- muureenheid (1 800 mm B x 400 mm D x 900 mm H) vanaf R10 913

#2 DIE NAASWENNER

Maura Hardman van KwaZulu-Natal skryf My afgetrede ma bly graag besig en bestuur haar hele huishouding uit die kombuis. Dit is egter ’n klein vertrek wat altyd oorvol voel. Enige raad? die oplossing

Silvia antwoord Die mees voor die handliggende probleem is te min spasie. Ek stel voor julle breek die muur tussen die kombuis en eetkamer af om die ruimte oop te maak. Bou dan die oop spensrak toe en plaas ’n hoekkas daar – dié eenhede werk uitstekend in klein ruimtes waar ander meubels nie sal pas nie.

Slim bêre-oplossings is ook belangrik wanneer jy nie die luukse van ruimte het nie. Met Milestone se Deluxe-kruideniers-kas (foto onder) en Deluxe-hoekkas kan jy soveel meer in jou kombuis inpas. Dit het plek vir elke ding en hou só die vertrek netjies; boonop skep dit die illusie van meer ruimte.

Deluxe-kruidenierskas (900 mm B x 700 mm D x 2 400 mm H) vanaf R22 735