Anneke Wiese van Caledon skryf Ek wil graag ’n fokusmuur in my sitkamer hê, maar al muur sonder vensters is ook waar die TV staan. Hoe maak ek rondom die TV mooi?

Brett Deacon van Picture Hanging Services antwoord ’n TV sal altyd ’n groot swart boks teen die muur wees, so ek stel voor jy werk net eenvoudig daarrondom. Oorweeg ’n paar goed geplaaste kunswerke om die oog te prikkel, veral wanneer die TV af is. Met gewone swart rame sal dit ’n skoon voorkoms skep. 

KONTAK picturehanging.co.za

Anien Bell van Anien Bell Interiors antwoord Rakke is ’n goeie manier om jou TV-muur te versier. Sweefrakke sal ’n interessante voorkoms skep en jy kan verskillende voorwerpe, soos kunswerke, beeldhouwerk, boeke, plante en versamelgoed, daarop uitstal.

KONTAK anienbell.co.za

NUUT OP FACEBOOK
Het jy ’n dringende vraag wat net nie kan wag nie? Sluit dan aan by ons TuislHome-Kennersgroep op Facebook sodat die span, kundiges en ander lesers kan help.