Alles is blou...

Sonia Kellerman van Pretoria skryf: Ek het die afwit-projek op bladsy 83 in die April-uitgawe gesien en wil graag iets soortgelyks met een van my ou meubelstukke doen. Ek wil dit ligblou verf, met ’n afgewitte voorkoms. Hoe doen ek dit op iets wat nie ’n plat oppervlak soos ’n beklede muur is nie?

Nadine Vosloo van Tjhoko Paint anwoord: Ligblou is ’n gewilde kleur vir ’n afgewitte of verweerde voorkoms op meubels. Volg net dié maklike stappe met Tjhoko Paint:

1. Verf die hele kas met ’n laag Pebble Blue en laat dit droog word (sowat 30 minute).

2. Meng nou Cloud White met True Blue en skep “skaduwees” deur die verf met ’n klam lap in al die kasdeure se gleuwe en rande te smeer.

3. As jy van die ligter blou onder die donkerder mengsel van Cloud White en True Blue wil ontbloot, skuur van die areas liggies met 100-grint-skuurpapier wanneer die verf droog is.

KONTAK tjhokopaint.co.za