Monika Bayer van Somerset-Wes skryf Op bladsy 59 van die Augustus 2016-uitgawe het julle pragtige proteas gewys wat in gips gedoop is. Hoe doen ’n mens dit?

Johan Coetzee van World of Decorative Concrete antwoord Dis heel maklik met Stucco Italiano se White Dipping Kit. Begin deur die mengsel volgens die aanwysings op die verpakking aan te maak. Doop die protea (dit hoef nie droog te wees nie) daarin tot oraloor bedek. Hang dan die blom onderstebo op sodat die oortollige mengsel kan afdrup. Moet dit liewer nie in direkte sonlig hang nie en maak seker jy los nie vingermerke op die nat dele nie.

Laat die protea heeltemal droog word voor jy ’n tweede keer doop (net nodig as die protea nie die eerste keer oraloor bedek is nie). 

KONTAK wodc.co.za