book-icon Uitgawe Februarie 2018

So gooi jy ’n sementbolaag oor vloerteëls

akkreditasie
Francois Oberholster
Wil jy jou vloere vernuwe sonder om die teëls uit te kap? Hier is ’n kenner se raad.

Lynette Williams van Kaapstad skryf Ek wil graag die vloere in my huis oordoen, want ek is moeg vir die porseleinteëls. Ek sien sementvloere is deesdae hoogmode, maar kan ek so ’n voorkoms skep sonder om die teëls uit te kap?

Joanne Sykes, bemarkingsbestuurder by Cemcrete, antwoord Jy kan met groot sukses ’n bolaag oor vloerteëls gooi, mits die teëls in ’n goeie toestand is. Teëls wat reeds gekraak of los is, sal enigiets wat bo-oor gegiet is, ook beskadig.

Moet net nie klei- en leiklipteëls bedek nie – kap dit liewer uit. Dis ook nie raadsaam om ’n afvlaklaag oor teëls te gooi nie; ’n dekoratiewe bolaag sal beter werk. Doen dit só (let wel, dié metode is net geskik vir binneruimtes; raadpleeg ’n kenner oor buite-produkte):

  • Skuur die teëls om die glasuurlaag te verwyder.
  • Maak die voegbry skoon sodat Cemcrete se PrimerCote daaraan kan kleef. Meng PrimerCote met Flexbond (in ’n verhouding van 1:2) en water tot dieselfde dikte as kraakvuller en vul die voegbrylyne op tot gelyk met die teëls. Laat dit droog word.
  • Meng nou PrimerCote en Flexbond (in ’n verhouding van 1:2) en water tot ’n verfbare floddermengsel en wend ’n dun laag oor die hele vloer aan. Laat droog word.
  • Die voegbrylyne sal nog sigbaar wees onder dié laag. Verseël dit voor jy die sement-bolaag opsit: Wend drie lae Concrete Floor Primer aan – maak die kwashale vir opeenvolgende lae in die teenoorgestelde rigting en gee elke laag vier uur kans om droog te word.
  • Wag nou 12 uur voor jy die finale laag vloerbedekking, Cemcrete se CreteCote, aanwend; volg die aanwysings op die verpakking vir die regte droogtye en seëlaar.

KONTAK cemcrete.co.za

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees