Wat jy nodig het

  • Alcolin Peel ’n Seal (50 mm breed)

Voor jy begin Maak seker die area wat behandel word, is deeglik skoon en droog.

So maak jy ...

1. Meet hoeveel van die Peel ’n Seal-kleefstrook nodig gaan wees en sny die verlangde lengte van die rol af. Trek die plastieklagie af en plak die aluminiumfoelie met die taai kant onder oor die gaping of lekplek vas en maak seker dis goed bedek.

2. Druk goed vas en siedaar – die lekplek is iets van die verlede!