book-icon Uitgawe April 2018

So hou jy handdoeke warm en droog in die winter

akkreditasie
Nat handdoeke in die winter bly ’n nagmerrie. Só kan jy dit warm en droog hou.

Charlene Peters van Tokai, Kaapstad skryf Ek en my man het vier kinders, waaronder twee tieners. Al het ons badkamer voldoende ventilasie, bly nat handdoeke ’n nagmerrie – veral in die winter! Is daar ’n produk wat julle kan voorstel?

Mark Bennett, verkoops- en bemarkingsbestuurder by Jeeves, antwoord Die Jeeves Classic D- en Jeeves Classic N28- verhitte handdoekreling het elk genoeg plek vir vier badlakens, wat sal verseker die handdoeke is altyd warm en droog wanneer julle dit nodig kry.

Die doeltreffendste manier om jou handdoek ná gebruik weer droog te kry is om dit twee keer in die helfte te vou en oor die reling te hang. Die Jeeves Classic-reeks is ontwerp met groepe stawe bymekaar, wat die beskikbare hitte ten beste benut. Gewoonlik bied een groep stawe genoeg plek om een badlaken droog te kry. Só sal jou handdoeke droog bly, wat ook help keer dat die handdoeke deur muf en kieme aangetas word.

Die handdoekrelings spog met outomatiese hittetegnologie (“AHT”) wat maar soveel elektrisiteit soos ’n gloeilamp gebruik. Boonop hoef jy nie jou handdoeke so gereeld te was nie, wat beteken jy gebruik minder elektrisiteit en water.

KONTAK jeeves.co.za

Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees