Só maak jy ’n badkamer nuut met ougoed

akkreditasie
Foto uit Tuis Maart 2014
Foto uit Tuis Maart 2014
Wil jy jou badkamer wil mooimaak met ougoed? Hier is raad.

Laura Howell skryf: Ek het ’n klein badkamer waar ek plek vir alledaagse artikels moet skep, maar ek wil nie graag nuut koop nie. Wat stel julle voor?

Liza Watermeyer van Tile Africa antwoord: Kyk rondom jou watter ou goed jy nuut kan gebruik. Jy kan jou badkamer binne ’n japtrap mooi en gerieflik maak met enige huishoudelike artikels wat bestand is teen stoom en klammigheid. Installeer byvoorbeeld ou houtkissies as rakke teen die muur, of span ’n ou laaikas as smukkassie onder jou wasbak in – al wat dit kort, is ’n laag verf of vernis.

Lê daar dalk ’n bonte versameling hake in ’n laai? Monteer hulle in ’n ry teen die badkamermuur om jou handdoeke aan op te hang. Dis ’n wonderlike plekbespaarder wat karakter in die ruimte sal bring. Ou deurknoppe werk ook goed as “hake” en kan swaarder artikels soos kamerjasse en wasgoedsakke dra. Nog ’n maklike opsie is ’n ekstra handdoekreling agter die badkamerdeur.

Ou glasflesse kan ook handig te pas kom. Maak hulle op die bad se rand of die vensterbank staan en bêre tandeborsels, watteballetjies en seep daarin of gebruik dit as individuele bêreplek vir elke gesinslid se bederfgoedjies.

En moenie ’n ou piekniekmandjie weggooi nie. Dis ideaal om handdoeke, toiletpapier en ander badkamerbenodigdhede in weg te pak.

Jongste uitgawe

Sep | Okt 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees