book-icon Uitgawe April 2018

Só verf jy badkamerteëls

akkreditasie

Madeleine Woodward van Woodstock, Kaapstad skryf My man was ’n bietjie oorhaastig en het ons badkamerteëls geverf sonder om ’n onderlaag aan te wend, en nou dop dit plek-plek af. Moet ons die ou verf verwyder en oorverf, of kan ’n mens onderlaag en verf bo-oor die ou verf aanwend?

Nonkululeko Mcunu, bemarkingsbestuurder by Dulux, antwoord Jy sal die ou verf moet afhaal voor jy weer verf, want die toestand van die teëls bepaal hoe krapbestand die nuwe verflaag gaan wees, asook hoe goed dit sal kleef. Indien jy ’n verf met ’n oplosmiddel-basis gebruik het, sal verfstroper goed werk. As dit ’n waterbasis het, kan jy Dulux Sugar Soap Powder met warm kraanwater meng en die teëls met ’n skuurspons skrop. Werk dit nie, moet jy die teëls afskuur.

Nadat al die verf afgeskuur is, was jy die teëls met Dulux Brush Cleaner Degreaser of ’n wateroplosbare huishoudelike vetverwyderaar. Spoel daarna deeglik af met water. Enige los voegbry moet ook vervang word voor jy kan begin verf; dit moet agt uur staan om droog te word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

September 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees