Vraag: My man het ou vloerplanke gebruik om werkoppervlakke vir my kombuis te maak, maar party van die planke het gate in. Kan ek hars gebruik om die blaaie te seël, of is daar ’n spesiale resep of produk vir Oregondennehout?

Deon de Goede van DIYDeon antwoord: Jy kan die gate vul met selfgemaakte houtvuller: Versamel van die houtstof wanneer jy Oregondennehout saag (of watter hout jy ook al mee werk); as dit nie iets is wat jy gereeld doen nie, vra fyn saagsels by ’n gawe houthandelaar soos Timbercity.

Meng die houtstof met ’n bietjie Woodoc 25 Water-Borne Floorseëlaar en vul die gate met dié mengsel. Skuur die oppervlakke liggies glad en seël dit dan met dieselfde produk.

KONTAK 084 589 5026, deon@diydeon.co.za

“Beskerm die teëls agter die werkblad met breë maskeerband terwyl jy die hout seël,” sê Deon.