John Brown van Kuilsrivier, Kaapstad skryf Ek het ’n stel imbuia-meubels by ’n familielid geërf; dis nog in ’n uitstekende toestand en ek wil dit graag so hou. Die donker hout is vir my mooi en dit het ’n nostalgiese element, daarom wil ek dit nie verf nie; kan julle produkte voorstel wat die hout sal beskerm en voed?

Frikkie Greeff, besturende direkteur by Woodoc, antwoord Ek stel voor jy gebruik Woodoc se Deep Penetrating Furniture Wax; dit dring die hout diep deur, voed dit en hou die oppervlak skoon. Die was bou ook ’n lieflike patina op.

Jy gebruik nie veel op ’n slag nie, maar moet dit gereeld herhaal. Wend dit aan met ’n sagte, droë lap tot die hout deurdrenk lyk. Daarna hoef jy net ’n bietjie was aan te wend wanneer die oppervlak begin droog lyk.

KONTAK woodoc.com

Preneshree Pillay, handelsmerkbestuurder by Dulux, antwoord Dulux Woodgard Interior/Exterior Timbavarnish is ’n algemene vernis met ’n duursame, weerbestande glansafwerking. Dis geskik vir alle houtsoorte, buiten imbuia, en kan binne en buite gebruik word, behalwe op vloere en oppervlakke waar ’n harde, krapbestande afwerking meer gepas is. Dis waterwerend en bied ook UV-beskerming teen die strawwe Suid-Afrikaanse son. Die produk is beskikbaar in Clear, asook ’n reeks gewilde natuurlike afwerkings: Mahogany, Teak, Light Oak en Dark Oak. Standaardkleure en Clear kan in enige verhouding gemeng word om die gewenste skakering te kry – toets die kleur op ’n afvalstuk van dieselfde soort hout. Berei die hout só voor:

  • Skuur die hout glad met 100–150-grint-skuurpapier (onthou om in dieselfde rigting as die grein te skuur). Vul enige skroefgate of kepe met houtvuller en laat dit droog word. Skuur dan weer glad.
  • Verwyder alle stof met ’n skoon, pluisvrye lap wat effens klam gemaak is. Maak seker die oppervlak is glad en sonder stof, vullis, vet, olie en daghaspatsels. Alle oppervlakke moet heeltemal droog wees voor jy die vernis begin aanwend.

KONTAK dulux.co.za