Vertrou jou kraanwater met JoJo

akkreditasie

Hoekom behoort ons om te gee oor wat in ons water is?

Gesondheid is rykdom en om bewus te wees van die stowwe wat ons lywe binnegaan - veral as dit by water kom - is uiters belangrik. Dit is immers ons mees kosbare, lewensgewende hulpbron. Dit gaan nie slegs oor wat jy in jou water kan sien nie, maar ook oor dit wat jy nie kan sien nie. Water wat skoon lyk is nie noodwendig veilig nie – dit kan steeds mikroskopiese, skadelike oorblyfsels van virusse, bakterieë, parasiete, patogene en ander stowwe bevat, wat in die liggaam kan opbou en ons gesondheid affekteer. Om jou water te ken is net so belangrik as om 8 glase per dag daarvan te drink.

Goeie filtrasie verbeter meer as net jou water se voorkoms

Om water effektief te filtreer behels baie meer as om dit bloot suiwer te laat lyk en neutraal te laat proe deur sekere stowwe te verwyder. Sommige filters werk maar eintlik net soos ’n tipe sif – hul mag dalk sediment en chloor verwyder, maar laat steeds verskeie skadelike mikroskopiese stowwe agter. JoJo gebruik egter unieke Disruptor tegnologie in hul filters, wat drie waterbehandelinge in een produk kombineer. Dit span die unieke elektro-adsorpsie tegniek in, wat die vloei van water gebruik om ’n elektriese veld te skep. Hierdie proses lok en verwyder meer kontaminante as enige ander filter op die mark, en behels dieselfde tegnologie as wat NASA gebruik.

Wat van gebottelde water? Of as ek my water kook?

Om water te kook is effektief, maar kan geld en tyd kos aangesien dit energie benodig en die water dan eers weer moet afkoel. Gebottelde water is ’n las op die omgewing en vererger die klimaatkrisis. Die water is dalk gesond, maar bring daarmee saam die kwessies van plastiek en mikroplastiek, wat ons oseane versmoor en selfs al in kraanwater voorkom. In 2018 het die Daily Maverick berig dat mikroplastiek, wat kleiner as 5mm groot is, in kraanwater in Johannesburg en Pretoria gevind is. Toksiese chemikalieë kan vasheg aan hierdie mikroplastiek en die liggaam binnegaan. Dan is daar ook die koolstofvoetspoor van gebottelde water aangesien dit op trokke en skepe regoor wêreld vervoer word. Al hierdie kwessies mag jou dalk weer laat dink oor die voordele van gebottelde water.

Is die kwaliteit van Suid-Afrikaanse kraanwater nie voldoende nie?

Suid-Afrikaanse kraanwater is veilig om te drink, maar verskil van plek tot plek. In sekere landelike gebiede mag die kwaliteit swakker wees as in stedelike gebiede. In Januarie 2017 het die mees onlangse Blue Drop (waterkwaliteit) verslag deur die Departement van Water en Sanitasie getoon dat, uit die 1 036 munisipale drinkwatersisteme wat geëvalueer is, slegs 44 aan Blue Drop Standaarde voldoen. Hoewel dit ’n afname in ons waterkwaliteit sedert die vorige Blue Drop verslag aandui, is hierdie resultate nie so erg as wat dit klink nie. Suid-Afrikaanse kraanwater is steeds veilig om te drink. Die verslag skep wel groeiende kommer oor waterkwaliteit in Suid-Afrika. Dit is veral relevant tot diegene wat van boorgatwater afhanklik is, aangesien grondwaterkontaminasie volop is.

Vir meer inligting oor ons filtrasiesisteme, besoek gerus www.jojo.co.za.

Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees