Louise Karsten van Pretoria skryf Ek en my man het onlangs ons eerste huis gekoop en ons knap dit nou vertrek vir vertrek op. In die badkamer is die teëls en toebehore nog in ’n goeie toestand, maar die afwerking is verouderd. Ons sal graag eendag dié vertrek geheel en al wil vernuwe, maar intussen wil ek dit net meer soos ’n toevlug laat voel. Waar begin ek?
Kim Williams, interieurskepper en gedrag-spesialis, antwoord Met goeie aanvoeling en deurdagte ontwerp het elke badkamer die potensiaal om funksioneel en mooi te wees, en spanning te verlig. Die mikpunt is ’n kalmerende omgewing waar jy net kan ontspan en verkwik kan voel ná ’n lang werkdag.
Oorweeg dié maklike, bekostigbare wenke: