book-icon Uitgawe September 2021

Vra die dekor-kenners

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Wynand Oosthuizen van Durbanville skryf Ons gebruik nou al jare JoJo-tenks om reënwater op te vang vir gebruik in die tuin en om die toilette mee te spoel. Al lyk dit of die onlangse droogte in die Wes-Kaap nou oor sy ergste is, wil ons graag dié water ook in die huis gebruik. Is dit moontlik, en hoe sal die water smaak?

Sebasti Badenhorst, nasionale bestuurder: bemarking, logistiek en verkope by JoJo, antwoord Dis beslis moontlik! Drie komponente is nodig om reënwater reg deur jou huis te gebruik:

EERSTE FILTRASIE Dit verwyder nie net ongewenste materiaal en verbeter die gehalte van die reënwater wat jy opvang nie, maar beskerm ook jou pomp. Ons reeks sluit ’n Rainhead (wat blare en takkies direk uit die afvoergeut wegvoer) en ’n First Flush Rainwater Diverter (wat die eerste, meer besoedelde water wegspoel en net skoon water na die tenk lei) in. Een of albei toestelle is nuttig, maar hoe meer opsies jy installeer, hoe skoner sal die water in jou tenk wees. Indien jy net een kies, is die Rainhead jou beste opsie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt | Nov 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees