In die modekol

Anya Liebenberg van Plettenbergbaai skryf: Ek beplan om my kombuis op te knap en sou hou van ’n moderne voorkoms. Is daar kaste en laaie met ’n toedruk-aksie sodat handvatsels nie die voorkoms belemmer nie?

Elwyn Sykes, nasionale verkoop-bestuurder by The Eclipse Group, antwoord: Ons stel voor jy kies kaste met groot of breë voorkante en skoon lyne – in die kol vir ’n moderne voorkoms.

Gebruik laaie waar moontlik, want dit benut jou beskikbare ruimte ten volle en skep praktiese pakplek. Blum het laaistelsels soos die Legrabox of Tandembox antaro – die laaie het metaal-sykante, en die lopers is uit die oog onder die laai versteek.

Met Blum se innoverende bewegingstegnologie, Tip-On, ’n meganiese oopskuifstelsel, en Blumotion, ’n besonderse dempstelsel, kan jy die laai ooptrek met ’n enkele aanraking sodat dit stil en sagkens oopskuif. Die toedruk-aksie is ewe moeiteloos.

Met ons Aventos-stelsel sal jy ook minder kasdeure nodig hê, wat perfek is vir jou doelwit van ’n minimalistiese styl. Met dié stelsel maak die kasdeur boontoe oop en sal dit in enige posisie bly sodat jy albei hande vry kan hê.

Blum-produkte kom met ’n waarborg vir die leeftyd van die meubels, wat jou gemoedsrus sal gee.

KONTAK eclipsegroup.co.za