Om koel te bly deur die warmer maande was nog nooit so bekostigbaar nie!

IsoBoard bied jou ’n isolasie-oplossing vir nuwe én bestaande geboue – en dis een wat jy maklik self kan installeer.

Nou kan jou huis enige temperatuur- skommelings sonder moeite hanteer en kan jy jou leef- en werkruimtes gemaklik hou vir die volle leeftyd van die gebou!

Hierdie omgewingsvriendelike oplossing vir hitte-isolasie, wat geskik is vir al die verskillende dele van jou huis, is net so veelsydig as wat dit doeltreffend is. Hitte-opname in woonhuise geskied grootliks deur die dakstruktuur. Geïsoleerde plafonne vertraag hittevloei na die leef- vertrekke in die somer, terwyl dit hitte wat in die winter binnenshuis opgewek word, behou; só bly jou leefomgewing deurentyd gemaklik.

Met IsoBoard het jy ’n paneel waarmee jy die toppunt van isolasie in jou hele ontwerp – letterlik van die vloer tot die dak – kan bereik.

Die voordele van IsoBoard

  • Betroubaarheid Borde wat korrek geïnstalleer is, bly doeltreffend vir die volle lewensduur van die gebou.
  • Veelsydigheid IsoBoard is die enigste hitte-isolasie wat met sukses onder vloere, in mure, en as plafonne en dakvoering gebruik kan word in nuwe sowel as bestaande geboue.
  • Gesondheidsvoordele Die borde is nie-toksies, vogbestand en moedig nie algegroei aan nie.
  • Kostedoeltreffendheid Die geïnstalleerde koste van IsoBoard is van die laagste van alle hitte-isolasie- oplossings.
  • Duursaamheid Bykans elke bestaande installasie met IsoBoard, wat reeds sedert 1995 plaaslik vervaardig word, voldoen steeds aan die aktiewe spesifikasies, wat beteken die hitte-isolasie presteer onbepaald teen die beloofde vlakke en hoef nie vervang te word nie.
  • Veiligheid IsoBoard laat nie vlamme versprei nie. Tydens ’n brand word die materiaal sagter en krimp dit weg van die hittebron, soos talle brande in huise en kommersiële geboue al bewys het.

Het jy geweet?

1 IsoBoard kan met waterbasisverf en -houtbeits behandel word om by jou kleurskema te pas.

Wanneer jy ’n plafon vervang, kan jy die bestaande plafon behou en IsoBoard eenvoudig direk daaronder installeer – ’n vinnige, permanente oplossing met die minste moeite of gemors!

3 Aanliggende borde knip met tong-en-groefrande aan mekaar, wat installering vergemaklik en ’n aaneenlopende hitte-isolasielaag verseker.

4 Wanneer jy ’n IsoBoard-plafon insit, is kleefmiddel en versteekte knippe by die verpakking ingesluit.