KAMERS/Makers Kaapstad wat van 26 tot 29 Maart sou plaasvind, is uitgestel. Terugbetalings word gedoen op kaartjies wat vooraf aanlyn gekoop is – die proses neem ’n ruk, so wees asseblief geduldig.

Spier Harvest of the Arts wat vir 27 en 28 Maart 2020 beplan is, is uitgestel. ’n Nuwe datum sal later bevestig word.

Die Irene Village Market sou op 28 Maart plaasvind, maar is uitgestel.

Die Rooy-kosmark wat op 29 Maart sou plaasvind, is gekanselleer.

Die Tierlantyntjies-Kuier en Koopfees wat vir 30 April tot 5 Mei beplan is, is uitgestel.

Die Johannesburgse Cap Classique & Champagne-fees is uitgestel; dit sal op 5 en 6 September plaasvind.  

Die Mpumalanga-wynskou sou op 3 en 4 April by Emnotweni plaasvind, maar is gekanselleer.

The Design Assemblage het besluit om al die gebeure vir Maart en April uit te stel.

Die Tokara- oop tuine en plantskou wat op 18 April sou plaasvind, is uitgestel.

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Kaasfees sal nie van 25 tot 27 April by Sandringham buite Stellenbosch gehou word nie. Computicket sal kaartjiehouers direk kontak om terugbetalings te reël.

Die Protea Cullifest is tot verdere kennis uitgestel. Kaartjies sal geldig wees vir die nuwe datums, maar kaartjiehouers kan e-pos stuur aan kaartjies@cullifest.co.za om aansoek te doen vir ’n terugbetaling.

Die bestuur en direksie van die Suidoosterfees het besluit om die fees – wat van 27 April tot 3 Mei in Kaapstad sou plaasvind – uit te stel. Nuwe datums word binnekort bekendgemaak. Computicket sal kaartjiehouers se geld terugbetaal.