Study Guru is die geheime wapen vir eksamenvoorbereiding. Dié nuttige hulpmiddel gee jou toegang tot voorafopgeneemde tutoriale wat gemoedsrus aan leerders én ouers sal gee.

Kry toegang tot die hoofmatriekvakke met nuttige tutoriale wat geskep is deur vername onderwysers met tot 50 jaar se ervaring – hulle het al talle nasionale senior sertifikate opgestel. Want jy kan nie jou opvoeding in enigeen se hande laat nie; daardie ekstra bietjie hulp kan ’n reuseverskil maak.

Study Guru mik daarna om toegang tot goeie onderwysers en topgehalte-leermateriaal aan die jeug van Suid-Afrika te bied.

Benut die unieke en revolusionêre platform ten volle en sluit jou hoërskoolloopbaan op ’n hoë noot af.

Dít is hoekom jy op Study Guru kan vertrou:
  • Dit bied kundige hulp wat goed nagevors is.
  • Dit bevat tutoriale wat deur gerespekteerde onderwysers in Suid-Afrika aangebied word.
  • Dit is eksamengerig en maak gebruik van vorige eksamenvraestelle.
  • Jy het vanaf enige plek toegang tot die lesse.
  • ’n Groot verskeidenheid matriekvakke word aangebied.
  • Dit is ideaal vir leerders by openbare sowel as privaat skole.
  • Dit bied die beste waarde vir geld – kursusse begin van so min as R79!
  • Jy kan die kursusse weer deurgaan en tot 20 weke lank hou.

Dis nooit te laat om in die toekoms te belê nie; gebruik dus Study Guru vir ’n hupstoot in die eindeksamen – en met die promosiekode MEDIA24 kan jy boonop 20% afslag kry wanneer jy ’n kursus koop! 

Waarvoor wag jy? Besoek Study Guru en begin vandag!