Meer kleure, meer tegnieke – en baie meer kreatiwiteit! Dis wat ons sien onder die immergroeiende groep Tjhoko Paint-entoesiaste reg oor die land! Van ou gestoffeerde gemakstoele en afgeleefde melamien-kombuise wat met dié krytverf opgedollie word, tot vaal vloere wat nuwe lewe kry met Stencil of Paris – Tjhoko Paint is wyd en syd die eerste keuse wanneer dit kom by dekoratiewe verfwerk.

En dis so maklik. Danksy ’n ingeboude verseëlaar en omdat jy items nie vooraf hoef te skuur nie, is dit nou makliker as ooit om iets ouds in iets moois en nuuts om te tower. Wys ons wat jy gedoen het, want wie weet – dalk is jy vanjaar se Tjhoko Champ! Jy staan ’n kans om fantastiese pryse te wen, en boonop wil ons jou projek in Tuis wys om al ons lesers te inspireer.

SKRYF SÓ IN

1 Maak iets mooi met Tjhoko Paint, neem ’n foto daarvan en laai dit (saam met ’n voor-foto) op by paintit.tuis.co.za.

2 Vul die vorm daarby in met die besonderhede van jou projek, klik op “submit” en daar gaan jy.

Onthou

• Jy kan enigiets inskryf, van ’n stel servette wat met Tjhoko Paint gestensil is tot ’n hangkas met ’n ingewikkelde laag-op-laageffek – solank jy Tjhoko Paint-produkte gebruik het.

Inskrywings sluit Donderdag 17 September 2020 om 12:00, waarna lesers vir hul gunsteling kan stem. Die Tuis l Home-span sal, met inagneming van dié stemme, die top-10 bepaal, waarna die Tjhoko Paint-ghoeroe Nadine Vosloo die algehele wenner sal kies.

EERSTE PRYS

Die wenner kry:

• R10 000 kontant

• ’n Tjhoko-geskenkpak ter waarde van R3 000 (Tjhoko Paint se nuwe materiaalreeks en plakpapier uitgesluit)

• ’n Persoonlike meesterklas met die Tjhoko Paint-ghoeroe Nadine Vosloo Bepalings en voorwaardes geld

TWEEDE PRYS

Die naaswenner kry:

• R3 000 kontant

• ’n Tjhoko-geskenkpak ter waarde van R3 000 (Tjhoko Paint se nuwe materiaalreeks en plakpapier uitgesluit) Bepalings en voorwaardes geld