Duram se nuwe versameling van 90 voortreflike kleure is met sorg uitgesoek en bied jou ’n gesofistikeerde en kontemporêre palet van lieflik gebalanseerde, harmonieuse skakerings.

Dit was nog nooit so maklik om die perfekte kleur vir jou leefruimte te kies nie. Met inspirasie uit Suid-Afrika se natuurlike habitatte neem dié kleure jou op ’n reis oor die land se asemrowende landskappe met hul unieke fauna en flora.

Dis ’n diverse en tydlose versameling van subtiel aardse, neutrale tone tot diep en donker inkskakerings – perfek vir die elegante woning.

Stel ’n kleurmonster op die proef

  • Elke kleur is ook te koop in ’n gerieflike en bekostigbare 90 ml-laeglans-monsterpotjie.
  • Verf ’n toetsblok van jou gunstelingkleure op verskillende mure in die vertrek.
  • Stel dit op die proef in jou dekor en kyk hoe die kleur deur die loop van die dag subtiel saam met die lig verander.

Habitat Collection-kleurmonsters is te koop by uitgesoekte winkels.