Elke maand wys Tuis pragtige dekor, handwerk en interessante kosprodukte van reg oor die land. Nou kry die blaaie lewe by ons heel eerste Tuis | Homemark! Met ’n verskeidenheid uitstallers, demonstrasies, en eet- en drinkgoed te kies en te keur, beloof dié mark op die historiese wynplaas Nooitgedacht buite Stellenbosch ’n fees van kreatiwiteit.

Wil jy kom uitstal?

Besoek tuishomemark.co.za vir die aansoekvorm en inligting oor stalletjies. As jy vrae het, stuur e-pos aan Anita Grindlay-Whieldon by anita@tuis.co.za of bel haar by 083 594 3349.

Wil jy die mark bywoon?

Maak ’n aantekening in jou dagboek en koop jou kaartjies by quicket.co.za. Datum 28 – 31 Mei 2020

Kaartjies ’n Verskeidenheid opsies is beskikbaar – van dagkaartjies tot vierdagpasse, en ’n Besties-aanbod met afslag as jy op een slag kaartjies koop vir jou en ’n maat. Kyk by quicket.co.za.