Ons is terug by die Cape HOMEMAKERS Expo – en vanjaar haal ons uit en wys! Maak seker jy is vroeg daar sodat jy niks van die pret misloop nie. Soos altyd gaan ons demonstrasies leersaam, propvol oulike wenke, en natuurlik, vermaak uit die boonste rakke wees. Die beste van als? Die demonstrasies is gratis – en ons deel geskenke, pryse, asook die lekkerste snoepgoed uit! 

SPESIALE AANBIEDINGE 

• Teken in op Tuis|Home en kry ’n hele 50% afslag! Onthou – dis ’n eenmalige aanbod wat net by die Cape HOMEMAKERS Expo geld en is net van toepassing op die gedrukte weergawe.

• Koop die September-uitgawe teen die weggeprys van R30!

• Ons kosredakteur, Johané Neilson, gaan haar gunstelingresepte berei uit haar nuwe kookboek, Ta-Da! Koop jou eksemplaar vir net R250 – sy sal dit selfs vir jou teken! 

DIE PROGRAM 

Koffietyd

Die Gap Coffee Company deel hul geheime, wenke en skeppings.

Donderdag – Sondag, 10:30 – 11:00

Kookdemonstrasies

Ons kosredakteur, Johané Neilson, kook uit haar nuwe resepteboek, Ta-Da!

Donderdag – Sondag, 12:00 – 13:00

Selfdoen met Deon de Goede

Tuis se DIY Deon neem jou stap vir stap deur die maklike takies, asook meer uitdagende projekte soos ’n gestoffeerde ottoman op wiele.

Donderdag – Saterdag, 14:00 – 15:00
Sondag, 13:30 – 14:30

Krytverf-demonstrasies

Leer by Nadine Vosloo van Tjhoko Paint meer oor die veelsydigheid van krytverf en sien self hoe maklik dit is om amper enigiets in ’n spogstuk te omskep.

Donderdag – Saterdag, 15:30 – 16:30
Sondag, 15:00 – 16:00

Jenewer-meesterklas

Proe plaaslik vervaardigde jenewer saam met Triple Three Gin; ontdek verskeie maniere om dié drankie te geniet.

Donderdag – Saterdag, 17:30 – 18:30
Sondag, 16:30 – 17:30 

Die ekspo is van 30 Augustus tot 2 September (Donderdag - Saterdag, 10:00 - 19:00; Sondag, 10:00 - 18:00) in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum.