Somerdae is altyd lekkerder wanneer jy dit by die huis saam met vriende en familie kan deurbring, en Sheet Street se nuutste reeks het alles wat jy nodig het om die mooi weer ten volle te geniet – en boonop bied dit goeie waarde en stylvolle temas!

By die tropiese tema kan jy treffende motiewe, groenigheid, tonne kleur en aksentstukke verwag wat nuwe lewe by jou slaapkamer sal inblaas. As jy van kleur hou, is die reeks artikels vir ’n buitelugfees nommerpas vir jou! Dink gestreepte sitkussings, melamien-eetgerei en helderkleurige strandhanddoeke, perfek vir jou volgende kuier.

Maar moenie vrees as treffende kleur nie vir jou is nie – kyk net na die seevaart-tema. Dit spog met motiewe, bykomstighede en dekorstukke met ’n kus-tema, en skep ’n ontspanne atmosfeer in elke vertrek. Kies ’n paar sleutel-items, soos die bedrukte strooikussings vir jou slaapkamer of muurkuns vir jou sitkamer, en rig jou ruimte só in dat dit heeljaar soos ’n wegbreekplek voel.

Winkels toe!

1 Mat met tossels (60 x 90 cm) R179,99

2 Muurbehangsel van akriel (102 x 170 cm) R299,00

3 Plekmat R35,00

4 Sitronellakers met 3 pitte (9 cm) R129,99

5 Lampstel R399,99

Loer in by jou gunsteling-Sheet Street-tak en vra een van die vriendelike winkelassistente vir die nuutste katalogus om jou eie somerstyl te kry. Anders kan jy aanlyn kyk by sheetstreet.com of Sheet Street op sosiale media volg om jou gunstelinge te kies en nog warm kopies te sien.