Vir jare is Tuis al ’n instelling by die HOMEMAKERS Expo in Kaapstad – en dié jaar kies ons ook koers Johannesburg toe!

Net soos by die Kaapse ekspo sal die span besoekers trakteer op gratis demonstrasies in die Tuis-teater. Kuier saam en geniet koffieproeë en kosdemonstrasies – en sluit die dag op ’n hoë noot af met ’n jenewer-proe!

Wat gebeur wanneer ...

Koffie-proe saam met Purist Coffee

Donderdag, Vrydag, Saterdag, Sondag11:00–12:00

Bak saam met Mareli Visser (Die koektannie) met die medewerking van VIA

Donderdag, Vrydag, Saterdag, Sondag12:30–13:30

Krytverfdemonstrasies saam met Tjhoko Paint – verf soos ’n kenner!

Donderdag, Vrydag, Saterdag, Sondag14:00–15:00

Jenewerproe saam met Qualito

Donderdag, Vrydag, Saterdag 16:00–17:00en Sondag 15:15–16:15

Die Johannesburg HOMEMAKERS Expo is van 22 tot 25 Februarie in die Ticketpro Dome in Northriding. Kaartjies kos R100 vir volwassenes en R50 vir pensioentrekkers (kinders onder 12 kan gratis ingaan).

Vir inligting, besoek www.homemakersonline.co.za

Spesiale aanbiedinge by die ekspo

Teken in op Tuis en bespaar 50%: Dié aanbod is net geldig vir intekeninge op die drukuitgawe, en jy moet by die Johannesburgse HOMEMAKERSekspo jou papierwerk doen en betaal.

In samewerking met: