In vandag se wêreld van immerveranderende trends is dit onontbeerlik om ’n dinamiese kombuis te hê wat kan aanpas by jou behoeftes, ruimte en styl – en dis presies wat Milestone Kitchens bied.

Dié bekroonde vervaardiger is bekend vir hul omvattende kombuisoplossings en spog met ’n reeks elegante, funksionele losstaande eenhede in drie pragtige style: African Allure, French Flair en Swedish Style. Elke meubelstuk bestaan uit ’n kombinasie van soliede hout en Supawood en kan in die kleur van jou keuse geverf word.

Dit beteken nie net jy kan jou kaste na hartelus meng, pas en rondskuif nie, maar boonop dié ruimte perfek by die res van jou huis laat inskakel.

Kyk net hoe Silvia vyf verskillende uitlegte in dié kombuis skep: 

Milestone Kitchens-eenhede is aanlyn beskikbaar en kan by jou voordeur afgelewer word. Kliënte is ook welkom om die volle reeks te besigtig en bevoel in hul fabriekswinkel by 44 Stanley in Milpark, Johannesburg.

Vir nog inligting, besoek milestonekitchens.co.za