Die veelsydige, stylvolle losstaande kombuiseenhede van Milestone Kitchens is sprekend van die geesdriftige ma-en-dogter-span aan die stuur van dié 10 jaar oue onderneming. Vir Sabrina, wat geen moeite sal ontsien nie, is dit meer as net ’n werk: “Dis ’n dinamiese, kreatiewe onderneming wat ons die geleentheid gee om saam te werk – en dit van ons lieflike huis af!”

Dis wonderlik dat Milestone Kitchens ’n gesinsaak is! Ek kan my vaardighede aan my dogter oordra, en sy hou my op my tone met haar vars idees. – Silvia

Met modes wat gedurig verander en die klem op buigsaamheid, is ’n dinamiese kombuis wat by jou behoeftes, ruimte en styl kan aanpas, deesdae ’n moet – en Milestone Kitchens het die perfekte oplossing.

Sabrina en Silvia, wat vanjaar 10 jaar in die bedryf vier, vertel wat hulle die meeste geniet van Milestone Kitchens:

• Dis heerlik dat ons direk met ons kliënte kan werk.

• Ons put soveel vreugde daaruit om lewe te gee aan ’n klant se visie.

• Milestone Kitchens neem mense in diens in ’n gemeenskap waar dit andersins baie moeilik is om vaardighede aan te leer.

• Ons is so trots op die besonderse gehalte van ons produkte en dat dit pasgemaak word vir elke individuele kliënt.

Volg Milestone Kitchens op Facebook, Instagram en Pinterest