Wil jy jou droomhuis inrig, maar is jy onseker waar om te begin? Luuksheid is net ’n klik ver.

Jy kan spogmooi ruimtes skep en jou visie ’n werklikheid maak – en met Welkom Tuis is dit ’n bereikbare droom.

Die bekostigbare, professionele diens sal jou huis ’n vars voorkoms gee – dis ’n gerieflike, gespesialiseerde eenstop-ontwerpdiens wat al jou dekordilemmas sal oplos.

Kies een van drie pakkette, en ons gee jou ontwerp-idees vir enige vertrek wat ’n nuwe baadjie kort – of jy nou ’n slaapkamer of badkamer het wat ’n nuwe baadjie nodig het, of jou kombuis of badkamer ’n seeroog geword het.

Pryse vir pakkette begin by slegs R2 299 en dit word voor jou deur afgelaai.

Hoe werk dit?

1 Besoek welcomehome.co.za. Klik op “Afr” en daarna op “Spring Weg”, en kies die ruimte wat jy wil oormaak.

2 Vul die vraelys in en kies die pakket wat reg is vir jou.

3 Nou begin die pret! ’n Professionele binneontwerper stel ’n boks saam met pasgemaakte vloerplanne en sketse, voorbeelde van afwerkings soos die vloere, toonbanke, gordyne en stoffering, asook verfkaarte en ’n volledige lys meubel-voorstelle waarmee jy jou ruimte kan mooimaak.

Kry jou eksklusiewe afslag

In jou boks kry jy ’n afslagkaart wat jy kan gebruik as jy Tuis se uitgesoekte vennote koop. Dis die perfekte aansporing om aan die gang te kom, en jy kry tot 15% afslag op alles wat jy uit die boks koop – so die boks betaal as’t ware homself!

Is jy gereed om te leef in jou droomhuis?