Dan is die Mondu- modulêre rusbank van Weylandts net die ding vir jou! Dit het ’n hoekeenheid, ’n sitplek sonder armleunings en ’n vierkantige ottoman wat jy kan meng en pas soos die bui jou pak. Gebruik dit as ’n tweesitplekbank, dagbed of hoekeenheid. So slim! Elke komponent is bedek met duursame liggrys lap, en jy kan die onderskeie items individueel koop. Sien meer by weylandts.co.za.

  1. Mondu Element R5 995
  2. Mondu Corner R6 995
  3. Mondu Ottoman R3 995

    Winkels toe!

    1. Toe ons die Van Jaarsvelds se Kersvierings op Graaff-Reinet gaan afneem, het ons van Amori se dekorwinkel, The Windmill Junction, by Somersetstraat 52 op die dorp gehoor. Sy beskryf dit as “alles wat jy van ’n plattelandse winkel wil hê”, en ons stem saam. Van oorspronklike skilderye, antieke en shabby-sjiek meubels tot handgemaakte keramiekware, en breigoed van suiwer wol en bokhaar is hier te kry. Vir ’n kykie na hul pragtige huis, klik hier. Hoe mooi is dié plafon van doringtakke?
    2. Gee jou dekor ’n feestelike styl-inspuiting met dié treffers uit MRP Home se somerversameling. Gebruik die mandjie (R259,99; 29 cm hoog x 34 cm breed) vir handdoeke in die badkamer of helder ’n gastekamer op met die katoendeken met sy parmantige tossels (R499,99; 140 x 180 cm). Sien meer by mrphome.com.

    Uit lapland

    1. ’n Strooikussing se trefkrag hang af van die oortreksel – Biggie Best se nuwe reeks Brush Fringe-kussings (50 x 50 cm) sal beslis die oog vang. Die oortreksels is gemaak van 100% linne en spog met oulike fraiings! Die prys van R345 sluit ’n verekussing in. Loer ook by biggiebestwebshop.co.za.
    2. Kry dié prettige gesinnetjie (vanaf R55 per handgemaakte stuk) by die Frans geïnspireerde geskenk-en-dekorwinkel Hoppy Hearts & Hartz-verloren in Krugersdorp, Gauteng. Bestel individuele hasies aanlyn en bou jou eie gesin – hoe skattig! Kry hulle op Facebook.

    HOU DOP!

    BESIGHEID Tjirpie

    WIE Anina Deetlefs, Gene Coetzer en Cilna Katzke
    WAAR Kaapstad
    HUL WERK Tjirpie is gestig deur twee susters en ’n vriendin met ’n passie vir mooi handgemaakte goed. Hulle vervaardig onder meer keramiekware en maak A3- en A4-afdrukke, groetekaartjies, plakkers en etikette, alles versier met inheemse blomme en voëls. Hulle wil in 2018 ook ’n lapreeks uitbring. En wat ’n oulike naam!

    “Ons wou iets kies wat die speelse gees van ons werk kan vasvang in ons karaktervolle moedertaal – vandaar die woord “tjirpie” wat jou herinner aan die geluid wat ’n voël maak en klink soos die Engelse woord ‘chirpy’.” Hul produkte is te koop by die aanlynwinkel knus.co, asook Vamp, La Motte en The Spice Route in die Wes-Kaap, en Lady Botany op Knysna; of bestel by 082 491 7914 of tjirpie@webafrica.org.za. As jy in Somerset-Wes se omgewing is, loer in by hul stalletjie by die Lourensford-Kersmark van 1 tot 3 Desember).

    Gee jou verfwerk ’n tikkie blieng met die nuwe Annie Sloan Gilding Wax. Gebruik dit op meubels of ander projekte om sekere detail soos reliëfwerk te beklemtoon, of bedek sommer die hele ding! Dis beskikbaar in Warm Gold, Bright Gold, Dark Silver, Bright Silver en Copper (R105 vir 15 ml) by Annie Sloan-verskaffers landwyd. Besoek anniesloansa.co.za.

    Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.