1 SKEP & VERNUWE!

WIE Megan Grobbelaar 

WAAR Wes-Kaap 

BESIGHEID Salt & Stitch

HAAR WERK Nadat sy twee jaar lank badsout vervaardig en verkoop het, het Megan Grobbelaar ook seep by haar reeks gevoeg. In 2016 het sy haarself leer borduur nadat sy die pragtigste borduurwerk in rame aanlyn gesien het, maar niks soortgelyks plaaslik in die hande kon kry nie. Megan het ’n paar vir vriende gemaak en dit was dadelik gewild, daarom het dit ook deel van haar produkreeks geword – saam met haar ma, Annemarie, se gehekelde dekens. 

“Ek en my ma is baie kreatief,” sê Megan. “Omdat ons maklik verveeld raak, eksperimenteer ons graag en met ’n bietjie oefening skep ons dan iets wat ons self sal wil hê en wat ons dink vir ander mooi sal wees.” 

Jy sal dié besige kreatiewe span elke jaar by KAMERS/Makers kry waar hulle hul werk uitstal, asook by ander markte in en om die Paarl en Stellenbosch. Sien meer by facebook.com/saltandstitch.

2 TOG TE SKATTIG!

Ons is gaande oor dié drupmatjies van The Chairman Homeware and Furniture Co. in Centurion. Dit word gemaak van ’n verskeidenheid edel­gesteentes soos rooskwarts, ametis en agaat. Elkeen van dié hand­gemaakte matjies het ’n goue rand en daar’s nie twee wat eenders lyk nie. Pryse begin by R299 vir twee. Sien meer by chairmanhome.com.

 

1 TOOR MET TEËLS

• Gee jou huis eksotiese styl met dié handgemaakte sement­teëls van Earthly Mosaics (R15 per 12 x 14 cm-teël). Besoek earthlymosaics.com

• Dié plakkers in room of goud van Hope Vol Hoop (R225 vir ’n stel van 9 teëls; 15 x 15 cm elk) lyk nes geperste tin en sal ’n tikkie vintage-flair aan enige ruimte verleen. Sien meer by facebook.com/hopevolhoop.

2 Mooi én prakties

Ons is mal oor die lewendige kleure van Mungo se nuwe Folly Beach-katoenhanddoeke (R800). Sien meer by mungo.co.za.

3 KOSBARE OOMBLIKKE 

Hoe skattig is dié gesinnetjies van hars van milaandmoo.co.za? Pryse begin by R280 en daar is ook beeldjies van ’n pa en seun, broers, ma en baba, en selfs troeteldiere. 

4 WINKELS TOE

Die blom-ateljee Fleur le Cordeur het ’n dekor-geskenkwinkel oopgemaak – ’n droommooi plekkie in die middel van De Wet-plein op Stellenbosch. Loer in vir ’n bietjie blommeprag en snuffel deur hul pragtige geskenkware soos lap, keramiekware, kerse en skryfbehoeftes. Besoek fleurlecordeur.co.za.

1 SJIEK BOHEEMS

Die aanlyn-dekorwinkel furbelowshop.com hou nou ook ’n verskeidenheid kleurryke geweefde Marokkaanse matte aan. Daar is iets vir elkeen se sak (vanaf R1 600). Loer ’n bietjie!

2 Uit Lapland

Nicolene Swanepoel span haar graad in beeldende kunste en ervaring as grafiese ontwerper in om sagte dekor met blommotiewe, soos dié kussing (bo, vanaf R200) en tafelloper (regs, vanaf R380) te maak; sy gebruik eko­vriendelike lap en bio­afbreekbare ink. Sien facebook.com/nikkinaaldekoker of skakel 082 822 4988.