1. Witwarm

Smart Art se nuwe plakpapier met ’n houtpaneel-effek (R359/m²) is nommerpas as jy op soek is na ’n maklike, bekostigbare manier om jou ruimtes ’n tikkie weelde te gee. Dis beskikbaar in ’n verskeidenheid kleure en ontwerpe. Besoek smartart.co.za.

2. Ons is dol oor dié oulike horlosies, die handewerk van Luco Crispin van The Brassball Co! Luco maak sy funksionele dog prettige dekoritems uit optelgoed van skrootwerwe – sy leuse is “rescue, recycle, release”. Jy kan sy ontwerpe sien en koop by facebook.com/thebrassballco/.  

3. Uit Lapland

Ons is dol oor hoe lewendig dié nuwe lap, Overfly van Global Fabrics and Interiors (R400/m; 140 cm breed), voel. Sien globalfabrics.co.za.

4.  Onthou jy dié stoele uit jou skooldae? Die aanlynwinkel Huisraad Modern verkoop sulkes in verskillende kleurkombinasies: pienk en groen, en blou en geel. Koop die Chappie Chair (R790) aanlyn by huisraad.co.za.

1. Hoe slim is dié Easy Heat Posters? Dit gebruik infrarooi-tegnologie om koue vertrekke warm te maak en hoewel dit jou lekker knus hou, sal dit nie brand as jy daaraan vat nie. Daar is drie ontwerpe (100 x 56,2 cm) teen R599 elk by takealot.com.

2. Skep, innoveer!

BESIGHEID MU Bespoke Design
WIE Luca van der Merwe-Streicher en David Sharkey
WAAR Kaapstad

HUL WERK Toe Luca van der Merwe-Streicher en David Sharkey besluit om dekorprodukte te begin maak, het hulle rou beton as basis gekies – ’n materiaal wat hulle as argitekte maar alte goed ken. “Nadat ons ’n maand lank ’n groot gemors in ons woonstel gemaak het en honderde probeer­slae moes weggooi, het ons net ’n paar items gehad wat goed genoeg was vir geskenke aan familie en vriende,” sê Luca. Deesdae is dit ’n gans ander storie, en word hul handgemaakte dekorstukke (van plant- en kershouers tot vase en drup­matjies) by LIM Furniture in Kaapstad verkoop. Kry hulle op Instagram by @mu.concrete of Facebook by facebook.com/mu.concrete.

3. Die nuwe Dry Goods Bag Set vanSpaza Store (R290 vir ’n stel van vier bêresakke met ritssluiters) is gemaak van 100% voorafgewaste katoen en is beskikbaar in ’n verskeidenheid patrone en groottes (2kg, 1 kg, 500 g en 250 g). Vir besonderhede, besoek spazastore.com.

4. Winkels toe

In Meulstraat, Philadelphia, sal jy die oulike Wunderkammer propvol mooigoed aantref. Dit word bedryf deur die ma-en-dogterspan Katja en Claudia Emanuel en die naam bring hulde aan hul Duitse erfenis – dit beteken “kas vol rariteite”. Skattejagters sal hulle voorwaar kan verlustig in al die antieke en vintage-ware van heinde en ver. Loer by facebook.com/WunderkammerZA.