Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.

1. SKEP & VERNUWE 

BESIGHEID This & That Ceramics
WIE Anita Steenkamp
WAAR Krugersdorp, Gauteng

HAAR WERK Anita maak die mooiste keramiekware in ’n ateljee wat sy sommer in haar garage ingerig het. “Ek sit my hart en siel in elke item omdat ek alles met die hand maak; soms werk ek reg deur die nag. Maar ek verruil dit vir niks!” sê sy.

Anita was ’n tuisblyma, maar toe haar dogter aan die begin van die jaar skool toe is, het sy agtergekom sy kan nou haar kreatiwiteit uitleef en haar droom om ’n keramiekkunstenaar te word, bewaarheid. Nadat sy foto’s van haar eerste skeppings op Facebook gedeel het, het die bestellings begin instroom; kort daarna het sy haar webtuiste, thisandthatceramics.co.za, op die been gebring.

“Ek voel geïnspireer om dinge te skep wat ek graag in my eie kombuis wil hê. As ek iets voorsit, moet dit op iets moois of interessants wees – ek glo dit laat die kos beter smaak!” verduidelik Anita.

2. Ons is mal oor dié oulike gesinsportrette van pen en akriel deur Malani Venter van Kaatjie Produkte (vanaf R250). Wat ’n oulike geskenkidee! Jy WhatsApp net jou foto na Malani en sodra dit klaar is, koerier sy die portret na jou, enige plek in die land! Besoek facebook.com/kaatjieprodukte.

3. Warm kopie

Kyk nou net sulke botaniese skoonhede! Dié hout-proteas van Beetroot Inc. is 36 cm hoog. Besoek beetrootinc.co.za.

4. Marokkaanse kleur

Die gewilde Fabhabitat-matte van herwinde materiaal, soos dié Puebla Blue-mat (R1 299; 1,8 x 2,75 m), is nou by uitgesoekte Builders-winkels te koop. Besoek builders.co.za.

5. Uit Lapland

Dié vrolike Pincushion Poinsettia-lap van Carole Nevin Designs (R465/m; 142 cm B) sal enige ruimte ophelder; dis ideaal vir gordyne, kussingoortreksels en stoffering. Besoek carolenevin.com.

1. Jou badkamer sal oombliklik ’n vars, kontemporêre voorkoms kry met die nuwe muur-gemonteerde Kompas-kas van Italtile (vanaf R4 990; 290 x 350 x 1  000 mm), geïnspireer deur die Noorse minimalisme.

2. Die Europese eenstopwinkel vir huisverbeterings, Leroy Merlin, het sy eerste Suid-Afrikaanse tak in die Stoneridge Centre in Edenvale, Gauteng, geopen. Hier kry jy plaaslike en internasionale ysterware en bykomstighede vir elke vertrek in jou huis – van baddens en wasbakke, plakpapier en kombuiskaste tot vloere, beligting en meer! Sien ook leroymerlin.co.za

3. Lees jy graag in die bed?

Probeer die nuwe Lounge Pillow (vanaf R899), ontwerp deur die slaapkenners by Vencasa. Dit ondersteun jou bolyf perfek terwyl jy regop sit in die bed, en sy bamboesveloer-oortreksel is sag en hipo-allergenies. Dis beskikbaar by Vencasa-Tempur-winkels landwyd.

4. Winkels toe

Edgars Home het pas sy eerste winkel oopgemaak! Hier sal jy al hul huisware soos luukse linne en dekor, asook badkamer- en kombuisbykomstighede kry – als onder een dak! En al hul eie handelsmerke soos die luukse Hotel Collection-reeks beddegoed én internasionale handelsmerke, insluitend Jamie Oliver en Noritake, is ook nou daar te koop. Loer in by een van die nuwe Edgars Home-takke in die volgende winkelsentrums: Sandton City, Menlyn Park, Clearwater Mall, Canal Walk, East Rand Mall, Eastgate en La Lucia Mall.

5. Vloerloer

Ons is absoluut gaande oor dié rooi-en-wit vinielgrafika vir die vloer van Smart Art (R550/m²)! Sien die hele reeks by smartart.co.za.

6. Dis tyd dat jy daai voos ou vadoek weggooi! Mungo se katoenvadoek met sy 3D-ruitpatroon (R250; 56 x 81 cm) kom in ’n verskeidenheid vrolike kleure. Dis ook ultra-absorberend en het ’n netjiese lus vir ophang. Besoek mungo.co.za.