1. WINKELS TOE!

Die leefstylblogger Lana Kenney het nou ’n aanlynwinkel waar al haar pragtige dekorvondste te koop is. “Ek ontmoet so baie kreatiewe mense deur my blog en ek word deurentyd blootgestel aan wonderlike nuwe produkte – ’n aanlynwinkel was die natuurlike  volgende stap,” verduidelik sy. Ons is dol oor dié smal keramiekvase; dis 19,5 cm hoog en kos R445 elk. Koop by lanaloustyle.com/shop.

2. HOOG IN DIE MODE

Dulux se Kleur van die Jaar vir 2018 is ’n pragtige donkerpienk met die naam Pictured Rocks. Die verfreus beskryf dit as ’n “subtiele, warm, volwasse pienk wat die tekstuurryke eienskappe van natuurlike hout en leer eggo”. Hier word dit gekombineer met ander pienk skakerings, luukse lap en ’n titsel metaal om ’n stylvolle dog knus voorkoms in ’n slaapkamer te skep.

1. ONS IS DOL OOR

Dié pragtige hangstoel (90 cm breed x 100 cm diep x 70 cm hoog) is van herwinde eikehout-wynvate. Dit kos R2 995 by knus.co en kom met 5 m swart of wit tou – perfek vir die stoep!

2. UIT LAPLAND

Bring ’n bietjie sonskyn in jou huis met die Yellow Floral-seil van die oulike skryfbehoefte-en-huisware-handelsmerk aLoveSupreme (R495/m; 150 cm breed). Besoek alovesupreme.co.za.

1. Skeppend & Innoverend

BESIGHEID Stowe and so.

WIE Tori en Craig Stowe

WAAR Bathurst

HUL WERK Nadat hulle vir jare by skryfbehoefte- en grafiese ontwerp betrokke was, vervaardig die kreatiewe paartjie Tori en Craig Stowe (wat so tussen die saamwerk deur verlief geraak en getrou het) nou verskeie dekorartikels – van lieflike lapgoed (onder meer tafeldoeke, vadoeke, strooikussings en voorskote) tot sjarmante keramiek en afdrukke.

Craig behartig die sakekant, terwyl Tori die produkte ontwerp wat alles letterlik en figuurlik deur die natuur van Suid-Afrika geïnspireer is! Tori doen ook ontwerpe vir Woolworths Homeware.

Loer in by hul winkel, The Corner Gallery, in Grahamstad of Bathurst, of koop aanlyn by stoweandso.co.za.

2. Nuut by Tjhoko Paint

Die plaaslike verfhandelsmerk Tjhoko Paint het pas drie nuwe metaalkleure bekendgestel, elk genoem na ’n personeellid: Ali’s Gold, Am’s Rose Gold en Charm’s Silver. Oulik, nè! Dis beskikbaar in 250 ml-flesse (R140) of 28 mltoetspotjies (R40); die verf het ’n waterbasis en kan direk op glas, hout, lap en metaal  aangewend word sonder enige onderlaag of verseëlaar. Besoek tjhokopaint.co.za vir ’n lys verskaffers.

1. Winkels toe!

Hoity Toity Pallet Chic se leuse is “gee hout ’n tweede kans”. Hulle gebruik tweedehandse palette om alles van beddens, bankies en stoele tot tafels, rakke en TV eenhede te maak. Hul toonlokaal is by 2de Straat in Montague Gardens. Besoek hoitytoityfurniture.co.za.

2. Van foei ... tot mooi!

Reënwatertenks is noodsaaklik – maar kan ook ’n seeroog wees. Daarom dink ons dié idee van Smart Art is heel knap: Die firma gebruik duursame viniel vir buitegebruik (dieselfde waarmee nuwe motors beskerm word) om jou tenk teen R550/mÇ te bedek. Besoek smartart.co.za vir ’n keuse van prente, of vra hulle om ’n prent van jou eie te druk.