1. SKEP & VERNUWE!

WIE Lize Beekman

WAAR Kaapstad

HAAR WERK Dié voltydse kunstenaar, sanger en liriekskrywer het deesdae ook ’n papier-en-lapreeks, Kalm, wat met handgetekende mandala-ontwerpe versier is – haar eie unieke, detailryke interpretasies van dié 12de-eeuse kunsvorm. Die versameling sluit kussingoortreksels (vanaf R400; die lap is ook per meter te koop), papier-plekmatjies (vanaf R200 vir 20), boekmerke (vanaf R15) en twee inkleurboeke vir volwassenes (vanaf R198) in. Die mandalas in laasgenoemde is gemerk “Skets deur Lize Beekman” en “Ingekleur deur” met ruimte vir jou naam. Werklik iets besonders! Sien meer en koop aanlyn by lizebeekman.co.za. Foto’s Christelle Pretorius Photography (cpphoto.co.za; info@cpphoto.co.za)

1. MOOI HELDER

Die Woodoc Colours-reeks word eersdaags uitgebrei met ’n nuwe kleurversameling, Brights, waarmee jy jou hout-artikels kan opvrolik; die kleure verdiep hoe meer lae jy byvoeg. Kyk vanaf 1 Maart uit daarvoor by vooraanstaande ysterwarewinkels. Sien woodoc.co.za of skakel 0800 411 200.

2. 10 uit 10!

Moderne minimalisme is perfek saamgevat in die treffende nuwe Matrix-plafonlig met 10 gloeilampe van The Lighting Warehouse (R2 999,95; 83 x 52 x 12 cm). Sien meer by lightingwarehouse.co.za.

3. Uit lapland

Ons is mal oor die Kuta Green-stoffeerlap vir buitegebruik van St Leger & Viney (vanaf R803/m; 140 cm B). Besoek stleger.co.za.

4. Dek ’n tafel   

Die jongste breekwarereeks uit die keramiek-ateljee Rialheim is nou by takke van @home landwyd te koop. Die reeks sluit ontwerpe soos Scratched Matte Black en Scratched Sky Grey – albei met ’n brons rand – en Big Bang White and Black met ’n aardse kleirand in. Te mooi!

1. Winkels toe

The Beautiful Life Store doen sy naam gestand met ’n verskeidenheid plaaslike en ingevoerde leefstyl- en huisware: van linne, messegoed en glas uit Frankryk, sy-kimono’s en hoede uit Mexiko en handgeverfde Italiaanse breekware, tot pasgemaakte meubels van herwinde eikehout uit die Oos-Kaap en skeppings uit herwinde glas deur Ngwenya Glass in Swaziland! Loer in by die winkel in 4de Laan, Parkhurst, Johannesburg, of besoek thebeautifullifestore.co.za.

2. Plak dit net! 

Luv’it se nuwe Porto-vinielteëlplakkers is nie net beeldskoon nie, maar dis ook bestand teen water en stoom! Elke 20 x 20 cm-teël (bo) kos R35 en is te kry by die winkel by Dorpstraat 8, Malmesbury in die Wes-Kaap. Jy kan ook die grootte volgens jou behoeftes laat aanpas en by hulle bestel: Skakel 083 241 5943 of e-pos luvit@telkomsa.net.

3. Soete drome 

Skep ’n tropiese atmosfeer met ’n lotusblom-kopstuk soos dié van Pilgrimage Spaces (R7 450; koningin-grootte). Besoek ook pilgrimagespaces.co.za.

4. Die hele boksemdais

Kort jy professionele hulp met die inrig van ’n ruimte in jou huis? Design In A Box bied pakkette aan vir verskillende behoeftes – soos hul Essential Package (R5 299) wat onder meer ’n konsultasie per telefoon of e-pos, ’n inspirasiebord, vloerplan, kleure, stap-vir-stapgids en verskafferslys insluit. Sien die onderskeie pakkette by designinabox.co.za.