1 Vir ’n salige nagrus

Granny Goose is die eerste onderneming in Suid-Afrika met ’n gesertifiseerde stofmytbestande kussing! Die Allergie­stigting van Suid-Afrika (AFSA) het sy goedkeuring aan die Granny Goose Snow White Duck Down-kussing gegee. Nou kan jy en jou kinders ’n goeie nagrus kry, sonder kommer oor allergieë. Sien meer by grannygoose.com.

2 Warm kopie!

Helder jou ruimte op met dié veelkleurige ronde mat van gevlegte katoen en goiing (R1495; 1500cm D) van Block & Chisel. Koop aanlyn by blockandchisel.co.za.

3 So mooi!

Die internasionale kleurkenners Pantone het Classic Blue as hul kleur van die jaar vir 2020 aangewys. Dis ’n tydlose, elegante skakering wat by enige dekorstyl sal inskakel.

4 Uit Lapland

Gee jou dekor ’n speelse kinkel met dié oulike ontwerpe uit Stuart Graham se The Sketch-versameling; dis gedruk op 100% katoen en beskikbaar in ’n verskeidenheid somerkleure (R575/m). Besoek stuartgraham.co.za vir nog.

Betty Melba 

Whirl Melba

Woof Butterscotch

1 So snoesig

Mungo se Aegean-handdoek is van 100% organiese katoen geweef – ’n etiese keuse en boonop supersag. ’n Kombinasie van wafelbinding en ’n diamantpatroon is in die vervaardiging gebruik en dis te kry as ’n handdoek (R270) en badlaken (R705). Sien meer by mungo.co.za.  

2 MUURBLOMME

Hoe mooi is dié nuwe viniel-muurplakkers van die plaaslike krytverfverskaffer Tjhoko Paint? Dis te kry in klein (R495) en groot (R725) stelle in verskeie blom-ontwerpe en -kleure. Sien meer by tjhokopaint.co.za.

3 Nuut!

Met Milestone Kitchens se kantoor-in-’n-kas kan jy jou hele werkspasie “toesluit” sodat dit uitdie oog is tot jy dit weer nodig het! Dis perfek vir klein ruimtes wat nie ’n aparte studeerkamer het nie. Besoek milestonekitchens.co.za.

4  LOER IN 

VYx44 is die jongste toevoeging tot die stylvolle Hyde Park Corner-winkelsentrum. Dis geleë in ’n trendy pakhuis-tipe ruimte en bring die plaaslike vakmanne van Victoria Yards en 44 Stanley – almal skeppers van meubels, dekor, kunsvlyt en ontwerp, met ’n fokus op volhoubare praktyke – bymekaar. Besoek hydeparkcorner.co.zaFoto Robyn Davie Photography

1 SKEP EN INNOVEER!

WIE Charl en Jean Marx-Ubbink

WAAR Pretoria 

BESIGHEID Vinostein

HUL WERK Tydens ’n besoek aan die Kaapse Wynland in 2015 het Charl en Jean Marx-Ubbink ontdek die eikehout in wynvate verbeter nie net die wyn nie, die wyn het ook ’n uitwerking op die hout – en dadelik die potensiaal vir besonderse eikehout-meubels van gebruikte wynvate besef. Ná maande se toetslopies het hulle die proses vervolmaak om die hout tot sy rou vorm te herstel, en in 2018 het Vinostein die lig gesien. Die twee het aanvanklik pasgemaakte artikels vir enkele klante gemaak, maar mettertyd hul aanbod uitgebrei tot lampe, tafels, kaasborde en dekorbykomstighede – sonder enige van die oorspronklike krommings of ander eienskappe van ’n wynvat. Besoek vinostein.co.za.

2 Ontwerp jou eie beligting met Creative Cables! Kies uit honderde gekleurde kabels, sit dan ’n gloeilamp, lampkap  en passtuk by, en voilà! Jy kan enigiets ontwerp – van staanlampe en stringligte tot hanglampe en muurligte. Pryse vir kabels begin by R58/m. Besoek hul winkel in Dorpstraat, Stellenbosch, of koop aanlyn by creative-cables.co.za.

Duram se nuwe Habitat Collection van 90 lieflike verfkleure is versigtig uitgesoek om jou ’n gesofistikeerde en kontemporêre palet te bied, en spog met pragtig gebalanseerde en harmonieuse skakerings. Elke kleur is te koop in gerieflike 90ml-laeglans-toetspotjies (R20) by uitgesoekte winkels. Besoek duram.co.za