1. skep & VERNUWE!

BESIGHEID Velt

WIE Nicola Andrag

WAAR Kaapstad

HAAR WERK Nicola span haar liefde vir die natuur in vir die skep van treffende dekoritems. Sy versamel plante, blomme en seewier en gebruik ’n spesiale proses om dit te preserveer en pers. Dan sit sy dit in handgemaakte glasrame; die rustieke natuur-element van die blare en die moderne glas kontrasteer pragtig met mekaar. Skakel 081 333 3077 of e-pos veltcapetown@gmail.com om te bestel (pryse wissel van R450 tot R1 300).

2. Laat jou lig skyn

Ons is dol oor die treffende, minimalistiese voorkoms van die nuwe 1 Light LED Symmetrical Wire Fitting (R770; 400 cm lank) van K. Light. Dis ook beskikbaar in drie- en ses-lampvariasies. Besoek klight.co.za.

3. Sodat jy onthou

Teken al jou belangrike datums aan op dié beeldskone 2019-­muurkalender (R330; shop.babylonstoren.com) met foto’s van die plaas Babylonstoren se oeste en vinnige, maklike resepte deur Maranda Engelbrecht. Jy kan die glanspapier hergebruik vir geskenke toedraai of as tafellopers of plekmatjies.

4. mooier as mooi!

Gee jou selfdoen­projek lieflike tekstuur met dié poliësterhars-sierstukke van Tjhoko Paint. Sien die hele reeks en ’n lys verskaffers by tjhokopaint.co.za; jy kan ook aanlyn bestel.

1. Uit Lapland

Gee jou dekor ’n koel kusstyl met  die Boat Club Cobalt- en Coral Seaweed-gordynlap (100% katoen) van Stuart Graham (R495/m; 137 cm B). Sien stuartgraham.co.za.

2. partytjietyd!

Sorg dat jou volgende makietie onvergeetlik is met dié vrolike tropiese versierings (R325; stel van 14 stukke) van die nuwe aanlyn-partytjiewinkel fancyparties.co.za. Snuffel na hartelus deur die groot verskeidenheid oulike bykomstighede gelys volgens tema, kleur of geleentheid.

3. Vir ’n goeie saak

Gavin Rajah se nuutste Indies geïnspireerde reeks met onder meer dié blinkerversierde palmkussings, word met die hand gemaak deur vroue in sy White Light Movement, ’n nie-winsgewende organisasie wat slagoffers van gender-geweld en -mishandeling oplei en in diens neem. Kry dit by @home; sien meer by home.co.za.

4. Leef groen

Ons dink die nuwe versameling van Carrol Boyes en die volhoubare leefstylhandelsmerk The Joinery is mooi verby. Kyk net  dié oulike sakkie (R495; 23,5 x 15,5 cm), met die hand gemaak uit herwinde plastiekbottels – gebruik dit vir enigiets van skryfbehoeftes tot grimering! Sien carrolboyes.com.

Teëlwerk sonder voegbry? Sowaar, danksy die nuwe Plexitile van die aanlyn-ateljee photoblox.co.za. 5. Die teëls van 1,5 mm dik (R680 per boks van agt; 15 x 15 cm) is gemaak van pleksiglas, ’n akriel soortgelyk aan perspeks wat geskik is vir spatpanele in die kombuis, teen mure, op toonbanke, meubels en talle ander oppervlakke. Plak dié herbruikbare teël eenvoudig met alkant-plakband of ’n silikoon-kleefmiddel.

5. winkels toe

Weylandts het pas ’n splinternuwe winkel oopgemaak by Hoofweg 220 in Port Elizabeth – hul 12de tak in Suid-Afrika. Die toonlokaal se dubbelvolume en oopplan-uitleg sal jou asem wegslaan. En as al die inkopies jou eetlus aangewakker het, kan jy by die winkel se bistrostyl-koffiewinkel, The Kitchen, lafenis kry. Sien weylandts.co.za.