Kyk net die nuwe kleure van die plaaslike krytverf-verskaffer Tjhoko Paint! Dori’s Dance is ’n droommooi vuilpienk, Dani’s Dare ’n diep middernagblou en Da’vid ’n ouwêreldse wit. Die verf is te kry in houers van 250 ml, 500 ml en 1 liter (vanaf R140) of in toetspotjies van 28 ml (R40). Sien tjhokopaint.co.za.

2 GEMAAK OM TE HOU

Coral & Hive se matte en kussings word met die hand gemaak van die beste wol, katoen en bokhaar, wat beteken dit gaan ’n leeftyd hou. Pryse vir ’n katoenmat met ’n pasgemaakte ontwerp – ’n belegging wat ’n kosbare erfstuk  sal word – begin by R1 900/m2. Maak ’n draai by hul toonlokaal in Somerset-Wes of besoek coralandhive.com vir nog inligting.

3 KLIM OPPIE BUS!

About Us is ’n leefstyl-en-dekorwinkel in ’n pragtig opgeknapte skoolbus. As jy in die feestyd oor Sir Lowryspas ry, kan jy hul leerprodukte by die Peregrine-plaasstal buite Grabouw besigtig. Sien aboutus.bus op Instagram. 

4 Ons is dol hieroor!

Dié stylvolle stoeltjie van soliede eikehout met inlegwerk van handgemaakte Marokkaanse teëls (vanaf R750, 45 x 30 x 30 cm) van Izzy Sekkei Collective is die perfekte kanttafeltjie vir jou stoep. Besoek Instagram.com/izzy_sekkei_ collective of bestel per e-pos by izak_malherbe@yahoo.co.uk. 

Uit Lapland

Dié bedrukte katoenlap van St Leger & Viney is ’n fees vir die oog! Dis geïnspireer deur Holi (’n Hindoe-viering van kleur en die koms van die lente), helderkeurige sy-sari’s en rose in volle blom by die Viceroy-tuine in Indië. Besoek stleger.co.za en sien die hele reeks.

1 Viceroy’s Garden (R688/m) 

Grandiflora in Cobalt (R1 240/m)

Jaipur in Festival (R849/m)

 

4 Lig in my lewe!

Die nuwe Monty-lessenaarlamp (R399, lightingwarehouse.co.za) is beskikbaar in drie vars kleure, insluitend dié lieflike blougrys. 

Gee jou huis ’n bietjie grafiese styl met dié chenille-strooikussings (43 x 43 cm, R99,99) van The Crazy Store. Loer ook by crazystore.co.za.

6 HEKEL-FOENDI’S

Dié pragtige mandjies van Ukuthunga, ’n gemeenskapsprojek in Mpumalanga, bewys dat hekelgoed steeds hoogmode is! Bêremandjies, plekmatte en speelgoed (R60–R500) in mooi neutrale skakerings word op bestelling gemaak. Sien meer by ukuthunga.com

1 SKEP EN INNOVEER!

WIE Lesley Tuchten

WAAR Woodstock, Kaapstad

BESIGHEID Lesley Tuchten Ceramics

HAAR WERK Lesley is dol oor troeteldiere. “Ek het ’n taamlik ongesonde obsessie met troeteldiere. Alle troeteldiere. My eie, ander mense s’n, diere wat nie eintlik troeteldiere is nie ... Jy kry die idee.” Daarom, toe ’n vriendin haar vra om ’n ringbakkie te maak met ’n miniatuur-beeldjie van haar Boston-terriër daarin, was Lesley vuur en vlam. 

Die projek was so geslaag dat sy nou ook snoepbakkies, seepbakkies, sleutelbakkies, honde-waterbakke, koekieflesse en beeldhouwerke maak. Elke stuk (vanaf R300) word met die hand gemaak en geverf in haar ateljee, voor sy dit in ’n oond bak en glaseer. Sien haar produkte by Lesley Tuchten Ceramics op Facebook en stuur e-pos na lesley@lesleytuchten.co.za vir spesiale bestellings.

 

Sofacompany South Africa het nou ook ’n reeks huisware – onder meer kunswerke, mandjies, kerse, strooikussings, dekens, beligting, spieëls, matte, vase en glasware – alles geïnspireer deur die Nordiese en Skandi-styl. Die reeks sluit handgemaakte artikels, natuurlike vesels en spatsels helder somerkleure in. Besoek hul toonlokale in Kaapstad en Johannesburg, of koop aanlyn by za.sofacompany.com.

Blou keramiekvaas (R459)

3 Mandjie met fraiingdetail (R899) 

4 Amberkleurige deken (R999)