1. SKEP, INNOVEER!

BESIGHEID Saudade DesignsWIE Shaun BritsWAAR Polokwane, Limpopo

SY WERK Shaun Brits het onlangs uit sy bemarkingspos bedank sodat hy sy passie voltyds kan uitleef: Hy bou kunstige kustonele uit hout as uitdrukking van sy liefde vir die see.

“Nadat ek my eerste stuk op Facebook geplaas het, is ek oorval deur versoeke vir iets soortgelyks – almal wou ook so ’n ‘huisie by die see’ hê,” verduidelik hy.

“Omdat ek in die hart van die Limpopo-provinsie woon, is ek ver van my inspirasie. Maar ek het ’n boek met lieflike illustrasies van Suid-Afrika se kuslyn, die internet, ’n ryk verbeelding – en ek ry see toe wanneer ek kan.”

Shaun se skeppings wissel van 20 cm tot 45 cm hoog en pryse begin by R250. Stuur e-pos na shaunbrits02@icloud.com.

2. Uit Lapland

Ons is dol oor die vrugte-en-blommotief op die Grove Lagoon-materiaal uit Stuart Graham Fabrics se nuwe Abbey Gardens-versameling (R470/m). Dis gedruk op sagte, geborselde katoen (137 cm breed) – perfek vir gordyne en bykomstighede.

3. Gee trefkrag met dié besonderse strooi-kussings van myloveforafrica.com. Die sagte kussings (vanaf R680) is gevul met vere en die oortreksels word met die hand geborduur; elkeen is afgerond met ’n rugkant van katoen en ’n strook fluweel of tossels om die rand.

4. Vars, vrolik en vroulik – dis seker die beste beskrywing van Poetry se nuwe vadoekreeks van 100% katoen (vanaf R99 stuk; 50 x 70 cm). Sien al die mooi ontwerpe by poetrystores.co.za.

5. Hou jy ook van geroeste goed? Kry dié kashandvatsels met ’n roesvoorkoms vanaf R41 by Handles Inc. Besoek handlesinc.co.za.

1. Warm kopies

Bring ’n bietjie blieng in met die Muse-hanglamp met sy goue afwerking van Eurolux (R966). Dis ook te kry in swart en wit. Kyk by eurolux.co.za.

2. Oorweeg ’n fyn plastieklamp (vanaf R400) geïnspireer deur die natuur om enige ruimte te versag. Dis ontwerp deur Clara Potgieter van B-Lumière in Nelspruit. Kyk ook by b-lumiere.com.

3. Maak indruk met ’n ingewikkelde stensil van The Vintage Corner in Drie Riviere, Vereeniging(30 x 30cm, R100).Hulle hou ’n groot verskeidenheid stensils aan, asook krytverf, tweede-handse meubels en dekor. Besoek facebook.com/Thevintagecnr. of skakel 083 240 9440.

4. Alles in @home se Lenteversamelinggaan oor “ontluikende nuwe lewe”, soos duidelik uit hul nuwe dekortemas: Awaken, Grow en Flourish. Ons het ons hart verloor op dié hoekie, saamgestel om Awaken te illustreer met behulp van lieflike botaniese elemente soos die Stone Mino-leunstoel (R4999), strooikussing (R499; 60 x 60 cm), hangende varing (R1 199) en medium-bamboesmandjie (R349). Besoek home.co.za.

5. Op soek na sierstukke vir jou volgende projek? Jy gaan dan soos ’n kind in ’n lekkergoed-winkel voel by SS Inspired Embellishments se fabrieks-winkel by Eenheid 4, Sergeantweg, Somerset-Wes.Jy kan ook aanlyn bestel by ssinspiredembellishments.co.za.

6. WINKELS TOE

Hoity Toity Furniture het nou ’n oulike winkel by Hoofweg 278, Kenilworth in Kaapstad. Gaan verkyk jou aan die meubels wat hulle in beperkte getalle maak van herwinde palette en appelkratte. Hul gewilde skuur-tipe deure het ons oog gevang; so ook hul sagte meublement! Sien meer by hoitytoityfurniture.co.za