1. Uit Lapland

Vang die oog met die dramatiese Moorea Pacific-katoengordynlap van Stuart Graham (R525/m, 137  cm B); besoek stuartgraham.co.za.

2. Paint & Décor in Durbanville het ’n nuwe verf-op-lap- en verf-op plakpapierreeks onder die naam SophiaHelen, hul eie ontwerp-ateljee. Dit beteken jy kan jou gunsteling Paint & Décor-verfkleure op pasgemaakte plakpapier laat druk of op lap vir strooikussings, stoffering of gordyne. Kry die lap, plakpapier en ander nuwe ontwerpe by hul winkel in Durbanville; pryse begin by R550/m. Besoek paintdecordiy.com.

3. Eksotiese beligting  

Ons is gaande oor die nuwe Marokkaans geïnspireerde reeks Tangier-hanglampe van The Lighting Warehouse – veral dié skoonheid in die kleur Old Brass (R1 199, 55 cm H x 28 cm D). Sien lightingwarehouse.co.za.

4. Mandala-kuns   

Boek 3 in die gewilde reeks Colouring for Adults: Mandala Art deur Lize Beekman is op die rakke! Dit spog met 10 van Lize se handgetekende kunswerke op dik kunspapier wat maklik uitskeur sodat jy jou meesterstukke kan raam en ophang. Die boek kos R180 en is beskikbaar by lizebeekman.co.za of by die boekwinkels wat op die webtuiste gelys is. 

1. SKEP EN INNOVEER!

WIE Jackie Chantler

WAAR George, Wes-Kaap

BESIGHEID Kop

HAAR WERK Toe Jackie Chantler, ’n kunstenaar en ma van twee, in 2015 haar eerste skedel-kuns bekendstel, is haar wildste verwagtinge oortref met die groot belangstelling plaaslik en oorsee in dié handgeverfde produkte. Sy het nog gemaak van skedels wat sy op haar pa se plaas opgetel het, en toe die aanvraag bly groei, het sy Kop vroeg vanjaar begin.

“Ek was nog altyd passievol daaroor om iets moois te skep, veral as dit ’n sterk verbintenis met die natuur het,” sê Jackie. “Elke skedel waarmee ek werk, verteenwoordig ’n persoonlike reis vir my. Ek voel ’n besonderse band met die dier.”

Jackie se ontwerpe is ’n same­smelting van plaaslike, Mexikaanse en Oosterse kuns en sy maak alles met die hand. Die skedels kom met taksidermie-sertifikate en kan na enige plek ter wêreld versend word. Sien meer by koppe.co.za.

2. Tata, vlekke! 

Dulux se Dulux EasyCare Washable & Tough is ’n mat verf perfek vir hardwerkende plekke soos leef- en eetvertrekke, kinderkamers, gange en ander veeldoeligeruimtes. Die vlekwerende tegnologie omskep enige vloeistowwe wat gestort word in druppels wat op die oppervlak van die verf bly sit sodat dit maklik weggevee kan word. Die verf is beskikbaar in ses klaargemengde kleure (Sand White, Unicorn White, Carolina Strand, Swiss Coffee, Natural Hessian en Brilliant White), asook ’n reeks tintbare skakerings. Sien meer by dulux.co.za.

3. Winkels toe!

Homewood het sy vierde winkel oopgemaak, dié keer by Amanzistraat 6 in Mbombela, Mpumalanga. Hul handgemaakte meubels van volhoubare hout kan na jou smaak ontwerp word, en hulle hou ook verskeie pragtige reekse aan om uit te kies. Vir nog inligting, besoek homewood.co.za.

4. VEELS GELUK!

Vyftig jaar gelede het Giovanni Alberto Mario Ravazzotti ’n klein Italiaanse teël-saak in Alberton, Johannesburg, begin. Vandag is Italtile ’n wêreld­naam in teëls, sanitêre ware, badkamermeubels en -toebehore, met 12 toonlokale in Suid-Afrika, asook ’n aanlynwinkel. Vir hul 50ste verjaardag bied hulle tot 50% afslag aan op uitgesoekte produkte tot einde September 2019 – soos dié Enviro-Glass-mosaïek met ’n houtvoorkoms, (30 x 25,8 cm) R159 per vel. Sien italtile.co.za.

5. Winkels toe! 

Die keramiek-ateljee Rialheim het hul nuwe vlagskip-winkel by die Rand Steam-sentrum in Richmond, Johannesburg, oopgemaak. Dit spog met ’n groot reeks ontwerpe – oud en nuut – insluitend muurteëls en pasgemaakte hanglampe in die styl waarvoor hulle nou al welbekend is: prettig, funksioneel en geïnspireer deur die skoonheid van Afrika. Kyk by rialheim.co.za.

 

1. Bekoor deur Bali

Ná verskeie vakansies in Bali het twee vriendinne, Jodi Lawrence en Lola Casey van Kommetjie, besluit om dekorstukke wat aan dié eksotiese wêrelddeel herinner spesiaal vir die Suid-Afrikaanse mark te laat ontwerp en vervaardig. Al die produkte word met die hand gemaak van natuurlike materiale en sluit enigiets van stoele en spieëls tot kopstukke en beligting in. Kyk self by eightdegreessouth.com.

1. Spieël R2 350

2. Kiaathout-stoel R4 400

3.  Vis-spieël R2 350

4.  Hanglamp R2 150

5. Bistro-kroegstoel R2 150