1. Skep, innoveer!

BESIGHEID Flip Flop SculpturesWIE Davis NdunguWAAR Kaapstad

SY WERK Die kunstenaar Davis Ndungu, wat passievol is oor omgewingsbewaring, omskep tweedehandse plakkies in treffende beelde. In 2009 het hy Flip Flop Sculptures begin vanuit ’n stalletjie by die Rosebankmark in Johannesburg. Deesdae bedryf hy, met die hulp van vier werknemers, ’n gewilde winkel in die V&A Waterfront se Watershed. Jy kan ook aanlyn koop by flipflopsculptures.co.za.

2. Lizl Naude van Lilly Loompa hergebruik rommel om mooigoed te maak. Kyk net die oulike Toona Cans (R95) van ou tunablikkies – dis perfek vir bêreplek en sal beslis jou gaste aan die gesels kry! Sien meer van haar ekovriendelike produkte by lillyloompa.com.

3. Warm kopies

Wil jy graag plastiekstrooitjies, wat net een keer gebruik word, vaarwel roep? Met die stylvolle c.straw (vanaf R50 elk) en shweshwe-sakkies (R27 elk) kan jy joune oral saamdra. Sien meer by ebonymoon.co.za/stockists.

4. Gee jou verbeelding vrye teuels met dié dekoratiewe teëls met ’n koperskynsel (R499,99 vir ’n pak van 11; 20 cm L x 10 cm B). Besoek mrphome.com.

5. Uit lapland

Kyk net die bakgat Iconic SA-lap deur Alex Latimer van Abundant African Art (R650/m; 140 cm B). Dit spog met alles wat eie is aan ons land, van vuvuzelas en vellies tot Desmond Tutu en Charlize! Besoek abundantafricanart.co.za.

6. Beetroot Inc. se ekovriendelike meubelreeks sluit boekrakke, bêreplek-oplossings, stoepmeubels, dientafels en trollies in – alles van herwinde hout. Boonop sal hulle items volgens jou gewenste grootte maak, en jy het ’n wye keuse van lap- en verfkleure waarmee hulle jou meubelstuk sal afrond. Besoek een van hul ses takke in Gauteng, KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap, of kyk by beetrootinc.co.za.

1. Hou jy van die industriële voorkoms? Dié pasgemaakte lampe van Southern Lights Lamp Co. behoort dan reg in jou kraal te wees. Vervolmaak die styl in enige ruimte met Mr Mustard (R1 400) of Nat Black (R1 500). Besoek southernlightslampco.co.za.

2. Ons is dol oor die oulike KPA-kroegstoele van Pedersen + Lennard. Die stoele (R1 650 elk) word gemaak van sagte staal en hout, en is beskikbaar in ’n verskeidenheid helder kleure soos geel, groen, rooi, oranje en groenblou. Sien meer by pedersenlennard.co.za.

3. Mint Motif maak dié pragtige botaniese lap (vanaf R1 200; 1,4 x 1,4 m) van 100% linne met ’n aalwyn-, groenroos-, woestynroos-, lelie- of palmblaarmotief. Hulle maak ook die mooiste oortreksels vir strooikussings (vanaf R650 elk). Besoek mint-motif.myshopify.com.

4. Winkels toe

By die dekor-en-geskenkwinkel Yours and Mine – A Creative Collection kry jy plaaslike, handgemaakte artikels soos juweliersware, leersakke, strooikussings, deurstoppers, selfs horlosies! Maak ’n draai by Voortrekkerweg 55, Malmesbury, bel hulle by 022 487 1569 of sien facebook.com/ yoursandmineck.