1. skep en innoveer!

WIE Esmé Kruger

WAAR Swellendam

BESIGHEID The Hand Printing Studio

HAAR WERK Nadat sy verskeie kursusse in tekstiel-ontwerp, druk- en kleurwerk geloop het, het die beeldende kunstenaar Esmé Kruger verlief geraak op die proses van drukwerk met die hand. In 2018 het sy toe The Hand Printing Studio op die been gebring. Hier druk sy en haar span motiewe op lap vir haar reeks kussing­oortreksels, vadoeke, tafeldoeke, serpe en dekens. 

“Die ontwerpe word geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse landskap en ons diverse erfenis,” sê Esmé.

“Ons maak klein oplae met linodruk- of syskermdruk-tegnieke op suiwer katoen. Ons gebruik ink met ’n waterbasis en voeg borduurwerk by om iets regtig spesiaals te skep.” 

Esme bied ook opleidingsessies oor dié tegniek aan; sien meer by The Hand Printing Studio op Facebook

2. Hoogmode!

Ons is gaande oor die nuwe reeks geglasuurde porseleinteëls met ’n houtvoorkoms van Italtile – met ’n grootte van 180 x 30cm lyk dit nes vloerplanke. Dié duursame Barkwood-teëls (R950/m2) vra geen onderhoud nie en is beskikbaar in vier verskillende kleure, waaronder White (op die foto). Gebruik dit reg deur die huis – van die leefarea en kombuis tot die badkamer en stoep. Besoek italtile.co.za vir besonderhede.  

1. Blink Stefaans

Gee enige ruimte ’n styl-inspuiting met die klassieke elegansie van K.Light se nuwe muurlamp van antieke koper en glas (20cm D, R1015). Sien meer by klight.co.za.

2. uit lapland  

Evolution Product se lap, soos die Blagrave’s Ferns-reeks, put inspirasie uit die natuur. Kyk net dié Alsophila-linnekussing (72 x 44cm, R850)! Koop aanlyn en vind ’n verskafferslys by evolutionproduct.co.za

3. Goed vir die omgewing

Snuffel na ekovriendelike aanlynkopies by livingeco.co.za. Kyk net hoe mooi is die herbruikbare byewas-velle (vanaf R170 vir ’n pak van 3), organiese seep (70g, R50 elk) en winkelsakke gemaak van herwinde plastiek (R50 elk). 

4. Die tyd sal leer

Maak die regte keuse met dié volhoubaar vervaardigde horlosie van kurk en berkelaaghout (28cm D, R599) te kry by yuppiechef.com.

1. Groen dekor 

Met die aanlynwinkel plantify.co.za is dit nou makliker as ooit om jou huis met plante op te dollie. Daar is plante wat min lig en onderhoud vra om te floreer, asook mosballe, met pryse van R35 tot R690. Hulle verkoop ook potte, mandjies en plantsorg-bykomstighede én lewer landwyd af. 

2. Winkels toe

Block & Chisel se nuwe winkel in die Kaapse middestad is propvol inspirerende ruimtes ingerig soos regte vertrekke – ’n fees vir die oog! Loer in by Kloofstraat 122 of besoek blockandchisel.co.za.

3. Winkels toe

Met winkels in Blairgowrie en Kyalami bied Lots & Crates ’n verskeidenheid huisdekor en meubels van verskeie plaaslike en internasionale vervaardigers se fabrieksoorskot, reekseinde- en surplusgoedere aan. Sien lotsandcrates.co.za.

4. Blommeprag

Hoe lieflik is dié ontwerp deur Handmade By Me? Dit heet Fynbos Flower Fields en is beskikbaar as lap, plakpapier, plekmatjies (op die foto, R196 tot R270), drupmatjies en skinkborde in drie verskillende kleure. Sien meer by handmadebyme.co.za.

5. Ons is dol hieroor!  

Die familiesaak Ark verskaf nou ook tydlose meubels soos eetkamertafels, stoele, bedbasisse en kanttafels, alles van nuwe, volhoubaar verkrygde hout. “Ons glo meubels moet ’n leeftyd hou,” sê die meubelontwerper Imari Crous. “Die idee is dat ons kleinkinders dit eendag sal koester.” Sien hul hele huiswarereeks by arkworkshop.co.za. Foto Michelle Parkin Photography