1. Bly voor in die modekoor met fluweel. Die Bob-eetkamerstoel van @home (R999 elk) is beskikbaar in blougroen,  bessiepers, blospienk en mentgroen. Sien home.co.za.

2. Die aanlynwinkel stokedmelon.co.za, bedryf deur Lelané de Sousa van Johannesburg, spog met besonderse kopies soos dié oulike hartvormige houtrak (R760; 64 cm H x 26 cm B). Hulle spesialiseer in artikels in die plaas-, industriële en vintage-styl en nuwe produkte word gereeld bekend gestel – alles spesiaal vir die winkel gemaak deur plaaslike kunstenaars.

3. Skep & vernuwe

BESIGHEID Eat a Bit Catering & Décor

WIE Nini Strydom

WAAR Gauteng

HAAR WERK Eat a Bit was eers net ’n spyseniersaak, maar het uitgebrei en bied nou ook pragtige handgekerfe hout-dekorstukke wat Nini self ontwerp. “Ek het op ’n plaas in die Vrystaat grootgeword en my ouers het graag onthaal – dis waar ek my inspirasie vir dié reeks gekry het,” verduidelik sy. Nini beskryf haar produkte as natuurlik maar ook treffend, met ’n interessante kinkel. Besoek haar toonlokaal in Fairland (op afspraak); stuur e-pos na nini@eatabit.co.za vir ’n lys verskaffers in Johannesburg en Pretoria of loer by facebook.com/eatabitcatering.

4. Sit of lê!

Met sy sagte lyne, houtraam en tou-detail in die arm- en rugleuning is die trendy Hadley-dagbed (R15 199) van sofacompany.com ook iets vir die oog.  Skuif die kussing op die end na die rugleuning en dit word ’n rusbank!

5. St. Leger and Viney se nuwe materiaalreeks, Kew Gardens, sluit die sagte, romantiese Orchid Spray (R482/m, 140 cm B) en Leopard Orchid (R637/m, 280 cm B) in. Vir nog blom­motiewe en ander pragtige ontwerpe, besoek stleger.co.za.

6. Kyk hoe skattig is die handgeverfde keramiek-planthouers deur Magda van der Vloed (R960 elk; 25 cm H) van kamersvol.com. So oulik!

 

1. Gee jou dekor ’n wilde kinkel met dié handgekerfde  houthake (R480 elk) van myloveforafrica.com.

2. Local is lekker

Ons is dol oor die nuwe verfkleure so reg uit die natuur van Paint & Décor. Op die foto is Plaasdam, maar die hipo-allergeniese en ekovriendelike verf is ook beskikbaar in skakerings soos Karoonag, Feather­head, Kruidjie-Roer-My-Nie en Vrede – almal vanaf R145/liter. Sien paintdecordiy.com.

3. Kyk net dié oulike keramiek-drupmatjies van Poetry (R99 elk; 11 cm D); sien poetrystores.co.za.

4. Winkels toe

Of jy nou wil bespaar of bietjie geld wil blaas, Lemon Tree by 1ste Laan 22 in Walmer, Port Elizabeth, is ’n moet. Lemon Tree Interiors is ’n voorste dekorwinkel, en reg langsaan is die Lemon Tree-fabriekswinkel, waar al hul surplus- ingevoerde voorraad teen afslagpryse verkoop word. Kyk ook by lemontreeonline.co.za.

5.  warm kopies

As jy hou van bederf-goed, sal jy dol wees oor die tekstuurryke geweefde Kelim-handdoekreeks (R390; 95 x 175cm) van The Cotton Company. Die handdoeke is gemaak van 100%- Turkse katoen, wat lig in gewig maar hoogs absorberend is. Besoek thecottoncompany.co.za.

6. Kikker jou ruimtes op met ’n nuwe strooi­kussing (of twee!) uit Woolworths se herfs/winterreeks (vanaf R180 elk) – die ryk kleure sal ekstra tekstuur en warmte  aan enige vertrek verleen. Besoek woolworths.co.za.