WINKELS TOE

As jy hou van vintage-meubels vir jou huis en tuin, loer gerus in by die dekorwinkel TAT by Koningin Victoriastraat 9 op Stanford. Alles is so keurig uitgestal dat jy dadelik tuis sal voel! Skakel 072 671 6789 vir inligting.

1. Uit lapland

Ons hou van die blou lap uit St Leger & Viney se Sub Saharareeks; die Maluti Indigo (146 cm breed) en Pick Up Sticks Indigo (143 cm breed) kos albei R596/m. Sien stleger.co.za.

2. Is dié flaminktafellamp (R750; 47 cm hoog) van volhoubare gelaagde berkehout nou nie oulik nie? Kyk by knus.co na nog sulke speelse dekor.

3. Bring tekstuur in jou huis met sintetiese Zimbali-hanglampe met ’n rottangvoorkoms (R1 599,95 vir die stel) van The Lighting Warehouse. Sien meer by lightingwarehouse.co.za.

Nooi die natuur binne met dié treffers van herwinde glas van Coricraft. Die vase met hul blou skynsel en sagte silhoeët kom in allerlei interessante vorms en kos R295 elk. Besoek coricraft.co.za.

Winkels toe

In Almal se Winkel Antiques & Decor Furniture op Bethlehem in die Vrystaat kry jy ’n heerlike verskeidenheid leerprodukte, antieke meubels en losstaande kombuiskaste. Hoewel hulle ’n winkel by Hospitaalweg 8 het, vind die meeste transaksies aanlyn plaas via hul gewilde Facebook-groep; hulle lewer landwyd af. Vind meer uit by facebook.com/almalsewinkelantiques.

Sagte kopies

Gee jou leefruimte nuwe lewe met Volpes se nuwe reeks strooikussings (vanaf R199 stuk; 60 x 60 cm). Dit kom in skakerings van pienk, blou en grys. Koop by volpes.co.za.

Nuut en skeppend!

BESIGHEID Clay Creations 56WIE Debbi RadomskyWAAR Kaapstad

HAAR WERK “As kind was kuns my gunstelingtydverdryf, en het ek graag my hande vuilgemaak met klei,” vertel Debbi. “Maar later het ek voeling met my kreatiewe kant verloor toe ek jare lank in die finansiële sektor gewerk het.”

’n Paar jaar gelede het sy pottebakkery begin doen om haar kreatiwiteit opnuut aan te wakker. “Anders as in finansies, waar alles óf reg óf verkeerd is, is daar niks voorspelbaars aan pottebakkery nie. En ek is mal daaroor!” Sien nog voorbeelde van haar werk by facebook.com/claycreations56.

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.