Winkels toe!

Milestone Kitchens was vir jare net ’n aanlynwinkel, maar nou het hulle ook ’n toonlokaal! Vir ’n inspirerende ervaring van dié losstaande kombuiskaste, loer in by 44 Stanley in Milpark, Johannesburg. Sien meer by milestonekitchens.co.za.

SKEP & VERNUWE!

BESIGHEID Wil&I
WIE Wilandi Esterhuizen
WAAR Port Elizabeth

HAAR WERK Wilandi Esterhuizen kombineer haar ontwerpvernuf met haar liefde vir kos en dekor deur die mooiste keramiekware en sjarmante houtbykomstighede in haar ateljee te maak. Nadat sy binneontwerp gestudeer en vir jare as argitek gewerk het, het sy in 2016 besluit om haar liefde vir bak en dekor na te volg en haar eie besigheid op die been te bring. “Ek gebruik kos as inspirasie vir artikels wat meer as net die smaakkliere moet prikkel,” sê sy. Ons is dol oor die keramieklepels! Besoek wilandi.co.za om meer van haar werk te sien.

Bring ’n tikkie romanse in jou huis met dié lussie-gordyn in suiwer katoen van Biggie Best (R829 per lengte; 270 x 140 cm). Sien meer by biggiebestwebshop.co.za.

Ons het in Oktober 2015 Dee Malkinson se pragtige huis in Port Elizabeth gewys. Deesdae woon sy in die Wes-Kaap waar sy Gently Worn, ’n dekorwinkel met tweedehandse vondste vir die huis en tuin, bedryf. “Ons hou hoofsaaklik artikels in die industriële plaasstyl aan, maar daar is ook heelwat neutrale en roomwit shabby-sjiek items wat met ’n leksel verf en ’n interessante storie spog!” sê Dee. Besoek haar winkel op die R44 tussen Somerset-Wes en Stellenbosch of skakel 079 498 0697. Foto Sam with Cam Photography

Mooi, nè! Dié plastiek-Diamond Watering Can (8 liter) van Garden Glory is nommerpas. Dit kom in ’n verskei- denheid kleure en kos R950 by tanyavisser.com. Wie’t gesê tuinmaak kan nie glansryk wees nie?

Warm kopie

Hou jy van die retro-styl? Oorweeg dié koper-muurlig (ook te kry in chroom) van The Lighting Warehouse (R999,95). Die ligte lyk op hul mooiste met peervormige gloeilampe met ’n LUD-filament (vanaf R99,95 elk). Besoek lightingwarehouse.co.za.

Uit lapland

Claudine du Plessis van Block & Blossom voer dié pragtige lap uit Indië in. Dis perfek vir gebruik as deken, tafeldoek, gordyn of muurbehangsel; pryse begin by R450 (1,7 x 2,25 m). Besoek blockandblossom.co.za vir besonderhede

Wil jy ons van iets nuuts vertel? Stuur e-pos na nuus@tuis.co.za.