Tjhoko Paint, ’n trots Suid- Afrikaanse krytverf, het hande gevat met Tuis en bied twee nuwe werksessies aan in Pretoria en Stellenbosch. By dié werksessies, aangebied deur die Tjhoko Paint-kenner Nadine Vosloo, sal lesers hul eie tafeldekor maak en al die kunsies leer om na hartelus met dié verf te skep. Hierdie sessies is ook ideaal vir raakvatter-bruide of graad-11’s wat werk aan vanjaar se matriekafskeid! 

Die sessies 

Ons kan 40–45 mense per sessie akkommodeer sodat elkeen individuele aandag kan kry. In elke sessie van sowat vier uur sal jy onder Nadine se bekwame leiding die volgende projekte voltooi (alles wat jy maak, is joune):

1 Doen ’n ombree-tegniek op ’n kaasbord in die kleure van jou keuse.

2 Leer hoe om ’n verweerde voorkoms te skep en rond dit af met Tjhoko Paint se Stencil of Paris.

3 Versier ’n 250ml-Consol-fles – ideaal vir konfyt of vir broodstokkies op jou ontbyttafel.

4 Stensil ’n lapservet. 

Die werksessie kos R650 per persoon. Tjhoko Paint verskaf al die materiaal en Tuis sal sorg vir eet- en drinkgoed, asook ’n geskenksak! (Die werksessie en sak is altesaam R800 werd.) En onthou, alles wat jy maak, gaan saam met jou huis toe. 

WAAR EN WANNEER?

Pretoria |  Saterdag, 27 Oktober

Stellenbosch |  Saterdag, 10 November 

Bespreek jou plek

Stuur e-pos na sune.esterhuizen@tuis.co.za om te bespreek. Besprekings en finale reëlings sal bevestig word nadat bewys van betaling ontvang is. Bel Suné gerus by 021 408 1276 vir besonderhede.