Verlede jaar se inskrywings vir ons heel eerste Rookie Stylist-kompetisie was ’n fees vir die oog – meer as 1 400 kreatiewe deelnemers het hoekies in hul huis, wat hulle self gestileer het, op Instagram gedeel. Ons is passievol oor alles wat mooi is en vier graag hoe Suid-Afrikaners hul ruimtes versier. Dis ’n filosofie wat ons met MRP Home deel, daarom is die Rookie Stylist-kompetisie vanjaar terug!

Elke week kan een gelukkige deelnemer ’n MRP Home-koopbewys van R2 000 losslaan; die algehele wenner, 2020 se Rookie Stylist, kry ’n MRP Home-koopbewys van R15 000 waarmee hulle kan koop net wat hulle begeer. Die Tuis-span kies die weeklikse en die algehele wenner. As ’n bonus sal ons die wenner se huis afneem vir publikasie in ’n latere uitgawe van Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor-en-tuintydskrif.

SÓ WERK DIT

1 Neem ’n selfoonfoto van ’n hoekie in jou huis (neem dit in natuurlike lig vir die beste resultaat). Jy kan ’n nabyskoot neem of effens terugstaan vir ’n wyehoekfoto. Kies ’n vertrek, stoep, fokusmuur, rak of bed – enigiets, solank dit mooi is en nommerpas gestileer is!

2 Deel nou jou foto op Instagram. As jy nie die app het nie, laai dit af in die Apple App Store of by Google Play.

3 Skryf ’n kort onderskrif, sluit die hutswoorde #rookiestylist2020, #tuishomemag en #mrphome in en merk ook @mrp_home en @tuishomemag – so maklik soos dit!

Die kompetisie loop van 25 Mei tot 17 Julie 2020.