Ons gaan op glas, metaal, plastiek en karton verf om ons tafels te versier en jou te inspireer om jou wêreld op te kikker met Tjhoko. Ons wys hoe maklik dit is om te herwin en mooi te maak met min. Dis ’n inspirerende sessie waarby die hele gesin betrek kan word. Bring almal, sit saam om die tafel en wees kreatief saam met ons. Ons kan nie wag om jou virtueel te ontmoet nie. Sien Saterdag, 4 Julie!

Items wat jy in die huis het:

  • plastiekvel om jou tafel mee te bedek 
  • vullisdrom
  • voorskoot of ou T-hemp om jou klere te beskerm 
  • emmer met water 
  • beker vol afgekoelde water 
  • leë roomysbak
  • leë blikke (kosblikkies of hondekosblikkies)
  • gegalvaniseerde emmer
  • leë glasflesse met deksels
  • lint of tou om om die fles te draai wanneer jy klaar is 
  • leë nartjie- of tamatiekis, of ’n skoenboks 
  • afvalstukke lap (vadoeke kan ook werk) om om die blik te draai 
  • skoonmaakmiddel-bottels

Jou inkopielys:

  • kaasdoek
  • Powerfix-lakverdunner
  • Tjhoko-kleure van jou keuse (twee of meer) 
  • Stencil of Paris
  • Clear Glaze 
  • 38mm-Utility-kwas 
  • 50mm-skraper
  • stensil van jou keuse (jy gaan die kis stensil) 
  • stensilkwas
  • oordragpatroon van jou keuse (jy gaan dit op die emmer aanwend)

* 100-grint-skuurpapier (opsioneel)