Skryf in en wen in ons Rookie Stylist-kompetisie!

Venootskapveldtog Venootskapveldtog
Verlede jaar se wenner, Candice Nortje van  Kommetjie, het hierdie lieflike kombuis ingeskryf. Ons het haar hele huis in ons Desember 2020 | Januarie 2021-uitgawe gewys.
Verlede jaar se wenner, Candice Nortje van Kommetjie, het hierdie lieflike kombuis ingeskryf. Ons het haar hele huis in ons Desember 2020 | Januarie 2021-uitgawe gewys.
Wys jou kiekies van die hoekies in jou huis waarvan jy die meeste hou –dalk maak dit jou ’n wenner in vanjaar se kompetisie!

Dis reeds jaar drie van ons gewilde Rookie Stylist-kompetisie in samewerking met Mr Price Home –enduisende rande se Mr Price Home-koopbewyse kan weer opgeraap word indien jy jou gunsteling-hoekies op Instagram met ons deel.

Dis so maklik, enigeen kan dit doen!

Sedert ons eerste Rookie Stylist-kompetisie in 2019 kies al hoe meer trotse huiseienaars en Mr Price Home-klante wat Tuis lees koers na “the Gram” om hul ruimtes met ons te deel. Verlede jaar het ons by die 1700 inskrywings ontvang! En ons het ons so verlustig in wat Tuis se lesers alles vermag dat ons dit weer doen.

Dis geen geheim dat ons passievol is oor alles wat mooi is en graag die maniere waarop Suid-Afrikaners hul huise mooimaak, vier nie –net soos die span by Mr Price Home. Elke week kan een gelukkige deelnemer ’n Mr Price Home-koopbewys van R2000 losslaan en uiteindelik sal die algehele wenner en Rookie Stylist vir 2021 wegstap met ’n R15 000-koopbewys van Mr Price Home, waarmee hy of sy kan koop net wat hul hart begeer.

Die Tuis-span kies die weeklikse én die algehele wenner. Net soos voorheen sal ons die wenner se huis afneem vir publikasie in ’n latere uitgawe van Tuis, Suid-Afrika se voorste dekor-en-tuintydskrif. So gryp jou selfoon en wys ons wat in jou steek!

SÓ WERK DIT

1 Neem met jou selfoon ’n foto van enige hoekie in jou huis (neem dit in natuurlike lig vir die beste resultate). Jy kan ’n nabyskoot neem of effens terugstaan vir ’n wyehoekfoto. Kies ’n vertrek, stoep, fokusmuur, rak of bed – enigiets, solank dit mooi is en na jou smaak gestileer is.

2 Laai nou die foto op jou Instagram-rekening. Indien jy nie ’n rekening het nie, skep een deur die app in die Apple App Store of by Google Play af te laai.

3 Skryf ’n kort byskrif en sluit die hutswoorde #mrpricehomerookiestylist en #tuishomemag in; merk ook @mrp_home en @tuishomemag – dis al!

Die kompetisie loop van 26 Maart tot 17 Junie 2021.

 
Jongste uitgawe

Augustus 2022

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir die huis en tuin nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees
Jongste uitgawe

WERF 2021

Jongste uitgawe
Kry jou praktiese, inspirerende gids vir jou werf nou as ’n e-tydskrif.
Begin lees